Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 6 uit 31

Junie is Spaarmaand. As dit jou missie is om geld te bespaar, sal jy noodgedwonge die gordel stywer móét trek – letterlik!

  

Gaan terug na jou wortels (en pap)

  

Kos is een van die dinge waarop die gemiddelde Suid-Afrikaanse gesin seker die meeste geld in ’n maand bestee – ná die huis- en motorpaaiemente.

Daar is ’n magdom maniere om geld met kos te bespaar – ons het 80 van die sinvolste wenke hier uiteengesit:

LEES OOK: 80 maniere om te spaar as jy kos koop of maak

kospryse, spaar
Koningskos - en dit hoef nie ’n fortuin te kos nie. Foto: Unsplash

Maar voordat jy jou kosrekening kan besnoei, sal jou ingesteldheid moet verander.

Daardie oordaad waarvoor Suid-Afrikaners so lief is – die rooster wat kreun onder tjops, wors, hoenderstukke en braaibroodjies, dalk selfs biefstuk en daarby twee slaaie én poeding – sal moet plek maak vir ’n meer gematigde benadering.

Pizza- of hamburger-wegneemetes elke Vrydagaand sal dalk moet plek maak vir tuisgemaakte pizzas en hamburgers (wat ieder geval baie lekkerder kan wees!)

Wanneer jy vriende oornooi, selfs vir ’n spesiale geleentheid soos ’n verjaardag of huweliksherdenking, hoef jy ook nie uit te hang à la die Mount Nelson of Hyatt Regency nie. Dit gaan oor die gesellige samesyn van vriende en familie. Oor ’n jaar sal niemand die kos onthou nie, maar almal die geselskap.

Kortom: Moenie jou vir eenvoud skaam nie. Soppe en bredies is billike, smaaklike maniere om jou gesin en vriende te voed. Dis égte kos, wat opregte mense sal waardeer – mense wat verstaan dat almal maar sukkel om die sente te rek.

En moet ook nie skaam wees om mense te vra om hul eie drinkgoed te bring nie – dis een van die duurste dele van ’n ete.

Smaaklike ete!

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.