Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 7 uit 31

Julie is Spaarmaand. Versekering is een van die uitgawes waar jy graag wil spaar, maar lees eers hier.

  

Gedek vir dít wat jou bankrot kan maak

  

geldsake
Versekering is duur, maar dit kan ’n reddingsboei wees as die noodlot toeslaan. Foto: Pixabay

Wanneer die nood begin druk, is die versoeking groot om jou versekeringspremies te staak of te verminder. Dit kan jou uiteindelik egter baie duur te staan kom.

“Verseker dinge wat jou bankrot kan maak,” is die advies uit ’n aftreefonds se nuusbrief aan sy lede. Daarmee word bedoel jou huis en jou vermoë om ’n inkomste te verdien. Dis dinge waar jy glad nie kortpaaie behoort te vat nie.

As dit by motor-, huisinhoud- en allerisikoversekering kom, is dit ’n móét dat jy elke jaar jou versekering nagaan en seker maak jou dekking is nog geskik.

LEES OOK: Versekering: Is jou dekking reg vir jóú?

’n Jaarlikse oproep na jou versekeraar is altyd die tyd werd, veral as jy daai e-pos kry oor ’n buitensporige verhoging, ver bo die inflasiekoers. Net deur beswaar te maak, kan jou versekeraar jou bes moontlik tegemoet kom, veral as jy geen eise gehad het die vorige jaar nie.

Jy kan wel jou versekeringspremies verder afbring deur jou dekking te verlaag, maar dan moet jy geld spaar vir bykomende uitgawes. Byvoorbeeld, jy kan jou bybetaling verhoog, die huurmotor kanselleer wat deel is van jou byvoordele en items soos jou selfoon van jou versekering verwyder. Dan gaan jy egter in die geval van diefstal of ’n ongeluk meer moet opdok en sonder ’n motor moet klaarkom vir ’n ruk.

Wat jy ook al doen, moenie kortpaaie vat met versekering om ’n paar rand op jou premie te spaar nie. Volg dié wenke nougeset:

  • Moenie sê jy is die gereelde bestuurder as dit eintlik jou 22-jarige seun is nie.
  • Moenie sê die motor word oornag in ’n motorhuis geparkeer as dit op straat staan nie.
  • Moenie die instandhouding aan jou huis en motor afskeep nie.
  • Moenie jou motor vir persoonlike gebruik verseker as jy dit gebruik om werksafsprake na te kom nie (werk toe ry en terug is wel nog persoonlike gebruik).
  • Moenie die wet oortree nie – dronk- en roekelose bestuur (insluitend straatrenne) gaan daartoe lei dat ’n eis afgekeur word. (Dit hoef ook nie eens in die hof in ’n strafsaak bewys te word nie.)

Dit is alles dinge wat kan meebring dat jou versekeraar weier om die eis uit te betaal of dat hy dit net gedeeltelik uitbetaal indien dinge skeefloop.

Die belangrikste raad? Lees jou poliskontrak. Jy kry elke jaar ’n nuwe poliskontrak wanneer die premies styg. As jy joune verloor het, bel jou versekeraar en vra dat hy dit aan jou e-pos.

Maak seker jy verstaan die kontrak en dat al jou besonderhede korrek is. Verstaan wat gedek word en onder watter voorwaardes. As jou versekeraar op ’n motoralarm- of -opsporingstelsel aandring of op ’n huisalarm en diefwering, is dit ’n voorvereiste vir enige uitbetaling. En dan moet jy jou huisalarm gebruik wanneer jy uitgaan!

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.