Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 8 uit 31

Julie is Spaarmaand. As jy geldslim is, het jy waarskynlik ’n beursie vol lojaliteitskaarte. En dit kan regtig help om jou geld te rek – tensy jy dié foute maak.

  

Wees lojaal, maar nie dom nie

  

pick n pay, clicks
Lojaliteitskaarte help jou wel geld spaar, maar die versoeking is groot om méér te bestee omdat jy weet jy kry iets goedkoper.

Lojaliteitskaarte soos Clicks se ClubCard, Pick n Pay se Smart Shopper, FNB se eBucks en tientalle ander sit geld terug in jou sak, maar as jy onnodig méér bestee omdat jy sielkundig dink jy spaar, skiet jy jouself in die voet.

Dus, selfs met ’n lojaliteitskaart, is dit belangrik dat jy by jou inkooplysie hou en nie produkte koop net omdat daar ’n spesiale aanbod vir kaarthouers is op iets wat jy nie nodig het nie.

Die heel belangrikste met ’n lojaliteitskaart is egter seker dat jy nie voordele laat verval nie. Die afslag wat op Pick n Pay Smart Shopper-kaarte verdien word, verval binne dae, terwyl Smart Shopper- en Clicks ClubCard-punte ook verval ’n jaar nadat hulle verdien is. Moet dus nie punte opgaar net om agter te kom hulle het net voor Kersfees verval nie.

Nog ’n dom ding om te doen, is om jou lojaliteitskaart by die huis te vergeet as jy gaan inkopies doen.

As hulle nie in jou beursie saam met jou geld pas nie, kry ’n klein kaarthouer wat jy ook altyd by jou kan dra of, dalk selfs slimmer, laai jou kaarte op ’n app soos Stocard. Dis ’n Suid-Afrikaanse app wat ’n baie wye reeks plaaslike kaarte – van Woolworths tot Spur en Edgars tot Spar – ondersteun. Met dié app wys jy net die stafiekode by die kasregister wanneer jy betaal.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.