Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
#Spaarmaand: Hier is wenk 9 uit 31

J ulie is Spaarmaand. Een van die beste maniere om te spaar is om jou skuld af te betaal. Hier is ’n wenk.

     

Maak jou skuld sigbaar

  

Skuld knou jou vermoë om vooruit te boer met jou geldsake. Foto: iStock

Dis maklik om te vergeet van jou kredietkaart- en ander skuld, veral as die minimum afbetaling en paaiemente outomaties van jou bankrekening afgetrek word. Dis ook maklik om van jou skuld te vergeet wanneer jy lus voel vir ’n cappuccino voor werk of ’n aanlyn winskopie op tekkies wat jy raakgesien het.

Maak jou skuld – en jou afbetalings – vir jouself op verskeie maniere “sigbaar”. Jy kan byvoorbeeld vir jou ’n groot staafgrafiek teken en dit teen jou yskas opplak en bywerk soos jy jou skuld afbetaal.

Maar, soos met alles deesdae, is daar natuurlik ook ’n app daarvoor. Die Android-app Debt Payoff Planner stel jou in staat om jou skuld en jou begrote maandelikse afbetaling in te vul. Jy kry wenke en sien die impak as jy meer as die minimum paaiemente afbetaal.

Jy kies jou afbetalingstrategie: die sneeubal- of die sneeustortingsmetode.

  • Die sneeubalmetode is wanneer jy die kleinste bedrag skuld eerste afbetaal. As dit klaar is, gebruik jy daardie paaiement, saam met die minimum paaiement van die tweede grootste bedrag skuld om dít vinniger af te betaal. En so gaan jy aan totdat jy skuldvry is.
  • Die sneeustortingsmetode is wanneer jy begin met die skuld met die hoogste rentekoers. Dis gewoonlik krediet- en winkelkaartskuld en daarna persoonlike lenings, jou motorpaaiement en huispaaiement.

Wanneer jou skuldvlakke verminder is, is jou volgende prioriteit om ’n noodfonds te begin wat kan help keer dat jy weer skuld moet maak as ’n onvoorsiene uitgawe opduik – of selfs ’n voorsiene uitgawe soos die diens van jou motor waarvoor jy nie gespaar het nie.

Ons sou aanbeveel dat jy ’n noodfonds opbou nadat jy jou korttermynskuld, soos jou kredietkaart en enige persoonlike lenings, afbetaal het, maar vóórdat jy probeer om jou motor of huis vinniger af te betaal. Jou persoonlike omstandighede sal egter jou prioriteite bepaal.

Skuld vreet jou vermoë om geld te spaar vir dinge wat saak maak. Dit is wél moontlik om skuldvry te wees, maar dit verg, soos alles wat die moeite werd is, ysere dissipline.

Daar is ook ander apps wat jy kan probeer. Op Android is daar onder meer Debt Tracker en My Debts of op iOS is daar Debts Break en Debt Manager.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Krediet  |  Skuld  |  Spaarmaand2019  |  Spaar  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2521,3 (781)
  • Top 40 48435,04 (-40196)
  • All Share 54187,92 (-45010)
  • Resource 10 42508,28 (-27618)
  • Financial and Industrial 30 73364,47 (-64797)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.