Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Spring gou en laat jou testament gratis opstel

Volgende week, van 16 tot 20 September, is Testamenteweek – jaarliks jou kans om ’n testament gratis deur ’n prokureur te laat opstel.

tyd
Tyd loop uit - of jy dit wil aanvaar of nié. Moenie uitstel om jou testament op te stel nie.

Prokureursfirmas wat aan die land se regsgenootskappe behoort, stel in dié week vir mense gratis ’n basiese testament op.

Klik hier vir ’n lys prokureursfirmas in elke provinsie wat betrokke is, maar onthou dat jy ’n afspraak moet maak.

Netwerk24 het die afgelope weke verskeie artikels geskryf wat beklemtoon hoe belangrik dit is dat jy ’n testament het – selfs al is jy nie ryk nie.

Sonder ’n testament kan dit jare duur voordat jou geliefdes erf en boonop sal dinge verdeel word volgens ’n formule soos die wet bepaal, wat dalk kan verskil van wat jy graag sou wou doen.

LEES OOK

Moenie die opstel van ’n testament uitstel of kortpaaie daarmee vat omdat jy geld wil spaar nie. Dit sluit in die besluit om self jou testament op te stel of ’n familielid met geen regsagtergrond nie as alleeneksekuteur aan te stel.

’n Dubbelsinnige testament – dalk omdat jy vergeet het van die “restant”-klousule of een bate op ’n manier aan verskillende mense bemaak het – gaan ten duurste betwis word.

En as jou eksekuteur nie die nodige regsagtergrond het nie, gaan die meester van die hooggeregshof iemand aanwys om hom of haar by te staan – iemand wat in elk geval vir sy of haar dienste betaal sal moet word.

6 kitsfeite oor jou testament

  • Jou testament moet op skrif wees.
  • Jy moet elke bladsy in die teenwoordigheid van twee bevoegde getuies onderteken. Die getuies moet ook die laaste bladsy onderteken.
  • As enige van jou erfgename as getuie jou testament geteken het of gehelp het om dit op te stel, mag hulle nie erf as ander erfgename die boedel betwis nie.
  • Kinders onder 18 jaar mag nie in hul persoonlike naam erf nie. Dit moet na ’n trust gaan (hetsy een wat deur middel van die testament geskep word of deur een wat in jou leeftyd opgerig word), anders gaan dit in die voogdyfonds gebêre word totdat hulle 18 jaar oud is.
  • Onthou dat die geld in jou pensioenfonds nie in jou testament bemaak word nie, maar deur begunstigdes aan te wys.
  • Onthou om jou testament aan te pas indien iets in jou lewe verander – as jy trou, skei, ’n kind het of as een van jou erfgename sterf.
  • Jou eksekuteur moet iemand wees met kennis van die regsproses, anders sal die hof dalk ’n mede-eksekuteur wees. Dis nog ’n rede om maar liewer jou testament professioneel te laat opstel.
Kyk Die Testament!

As jy dink ’n testament is darem ’n baie somber onderwerp, het jy nog nie Die Testament gekyk nie.

Die Testament is ’n aanlyn blitssepie wat deur VIA en Netwerk24 vervaardig word en op Netwerk24 uitgesaai gaan word.

Netwerk24-intekenare kan elke weeksdag na ’n episode van vyf minute van Die Testament op Netwerk24 kyk. Die eerste episode sal op 2 September beskikbaar wees.

Die Testament handel oor die superryk Weyers-gesin, wat geskok word deur die patriarg, Sebastian Weyers, se skielike dood. Bastian, die oudste broer, Annchen, die vredemakersuster, die rebel van ’n jonger broer, Jacques, en Sandra Maritz, Sebastian se lewensmaat van die afgelope vyf jaar, kom dan bymekaar vir die lees van die testament. Maar daar wag ’n hele paar verrassings op hulle.

Akteurs soos Nico Panagio, Sandra Prinsloo en Rolanda Marais speel in Die Testament.

Klik hier om op Netwerk24 in te teken teen R99 per maand.

Meer oor:  Testament  |  Boedelbeplanning  |  Boedel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.