Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Staatswerkers se salarisse lyk beter in Julie
Foto ter illustrasie. Foto: iStock

Terugbetalings en salarisverhogings het staatsamptenare se bankrekenings in Julie ’n welkome hupstoot gegee.

BankservAfrica se indeks van netto salarisse het in dié maand reëel met 0,3% gestyg (dus as inflasie in ag geneem is).

Die indeks meet die bedrag wat ná aftrekkings soos inkomstebelasting, werkloosheidsversekering en mediesefondspremies in mense se bankrekening betaal word en word met én sonder inagneming van inflasie uitgewerk.

Mike Schüssler, die ekonoom wat die indeks saamstel, sê dié styging kan toegeskryf word aan die salarisaanpassings en terugbetalings wat staatsamptenare gekry het nadat loononderhandelings uiteindelik afgehandel is en verhogings terugwerkend van 1 April af betaal is.

“Die indeks het gestyg ondanks die hoër inflasiekoers wat in Julie van 4,6% tot 5,1% gespring het, wat daarop dui dat daar ’n sterk kans van volgehoue positiewe stygings oor die volgende aantal maande in die salaris van die gemiddelde Suid-Afrikaner in die formele sektor sal wees.”

Reële netto salarisse het in Julie ’n gemiddeld van R14 076 bereik teenoor Junie se gemiddelde van R13 611.

In nominale terme was die gemiddelde netto salaris in Julie R14 828.

Verhogings van ander groot werknemers sal ook binnekort ’n impak begin toon. Dit sluit in munisipale werkers wat ’n verhoging van 7% ontvang het, wat in Augustus in werking tree maar terugwerkend van Julie af geld.

Eskom het ook ’n verhoging van 7,5% aan sy werkers gebied tesame met eenmalige bonusse van R10 000 aan 38 000 werknemers.

“Met die mynbousektor wat loonverhogings van 6% aanbied, lyk dit waarskynlik dat die uitwerking van hierdie en ander verhogings vorentoe gesien sal word,” sê Schüssler.

As inflasie onder die kerf van 5,5% bly, sal netto salarisse steeds bokant die inflasiekoers bly, selfs al kry ander sektore van die ekonomie nie inflasie-verwante verhogings nie.

“Hierdie stygings kan kleinhandelverkope help herstel, maar dit kan ook daartoe lei dat meer verbruikersgoedere ingevoer word,” sê Schüssler.

Die gemiddelde styging in private pensioene is op sy sterkste vlak sedert 2012 met ’n reële styging van 5,1% op ’n jaargrondslag. Die gemiddelde styging vir die eerste sewe maande van die jaar is 5,3% wat volgens Schüssler die stewigste is sedert die indeks in 2012 begin is.

Die gemiddelde reële private pensioen was R7 012 in Julie.

Meer oor:  Bankservafrica  |  Mike Schüss­Ler  |  Inkomste  |  Staatsamptenare  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1108,65 (2792)
  • Top 40 45929,03 (12363)
  • All Share 52146,04 (14659)
  • Resource 10 39470,3 (2238)
  • Financial and Industrial 30 69022,22 (28521)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.