Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Standard Bank se kaarte werk weer

Vir die tweede keer in drie dae het Standard Bank se debiet- en kredietkaarte nie gewerk nie. Die fout het sowat 'n uur lank geduur en was teen 12:00 opgelos.

Die bank het omstreeks 10:50 ’n boodskap aan sy kliënte gestuur om te sê sy kaarte werk nie. Hulle kon nie betaal of geld onttrek nie.

Internetbankdienste het wel steeds gewerk terwyl die app ook onderbrekings ervaar het. 

Teen 12:00 het Standard Bank laat weet die fout is uitgestryk en dat al sy dienste "ten volle" herstel is. 

’n Tegniese probleem wat Saterdagmiddag by Standard Bank ingesluip het, het duisende klante van regoor die land woedend gelaat toe hulle nie hul bankkaarte kon gebruik nie. Die probleem is eers etlike ure later opgelos. Die bank het Dinsdag opnuut om verskoning gevra vir die ongerief veroorsaak.

Lees ook: Bankkaarte werk nie weens tegniese fout

Standard Bank se kaarte werk nie - mense kan nie betaal of geld onttrek nie.
Meer oor:  Standard Bank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.