Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Aksiegroep oor ekspat-taks kry kans in parlement
Jerry Botha, besturende vennoot van Tax Consulting SA.

Die aksiegroep wat protesteer teen die regering se plan om belastingkwytskeldings aan Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, weg te neem, mag op 29 Augustus die parlement se staande komitee oor finansies toespreek.

Barry Pretorius, ’n Suid-Afrikaner wat in die Midde-Ooste werk, het op die Facebook-blad South African Tax Petition Group bevestig hy en die belastingkonsultant Jerry Botha gaan ’n voorlegging aan die komitee doen oor die nasionale tesourie se konsep-wysigingswetsontwerp oor belasting wat vroeër vir openbare kommentaar bekend gemaak is.

Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, hoef tans nie in Suid-Afrika belasting te betaal op inkomste wat hulle in die buiteland verdien as hulle langer as 183 dae per jaar daar werk nie. Die nasionale tesourie wil dié vergunning teen Maart 2019 verwyder.

Die tesourie wil dit vervang met ’n stelsel waar alle Suid-Afrikaners wat nog Suid-Afrikaanse belastinginwoners is, op al hul inkomste belas word.

Hulle kan wel die belasting terugeis wat hulle aan ’n buitelandse jurisdiksie betaal. Die verandering gaan veral Suid-Afrikaners raak wat in lande werk met lae of geen belasting, soos sekere Midde-Oosterse lande.

Die versoekskrif op Change.org het blykbaar al meer as 12 000 handtekeninge en meer as 13 600 mense is lid van die groep.

Volgens Pretorius het die tesourie se planne wydverspreide paniek onder Suid-Afrikaners in die buiteland veroorsaak en plaas dit hulle voor ’n “onmoontlike besluit”: Verbreek alle finansiële bande en laat vaar die Suid-Afrikaanse ekonomie geheel en al, of kom huis toe en ding mee vir werkgeleenthede in ’n reeds stagnerende ekonomie.

Die versoekgroep vra meer duidelikheid van die tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oor hul planne.

Hulle het vrae oor die lewensvatbaarheid en ware doelwitte van die verwydering van die kwytskelding.

Een van die redes vir die voorstel is dat Suid-Afrikaanse staatsamptenare soos diplomate belasting moet betaal op buitelandse inkomste, wat onregverdig is teenoor hulle as ander Suid-Afrikaners nie belasting hoef te betaal nie.

Die groep meen nie dié verduideliking is aanvaarbaar nie, want 194 uit 196 ander lande belas ook hul diplomate wat oorsee werk terwyl hulle kwytskelding bied aan hul burgers wat langer as 183 dae oorsee werk.

Die groep vra ’n alternatiewe kwytskelding moet ingestel word as die voorstel wel aanvaar word, byvoorbeeld ’n vergunning om koste van behuising, skoolgeld, vervoer en buitensporige mediese uitgawes van belasting te kan aftrek.

Botha, besturende vennoot van Tax Consulting SA, sê die tesourie se voorstel sal geleenthede beperk vir jong Suid-Afrikaners en mense wat internasionale ervaring wil opdoen.

Hy meen as die tesourie vermoed Suid-Afrikaners wat oorsee werk se belastingsake is nie in orde nie, sal ’n onregverdige beleidsverandering net die belastingbasis verder vervreem.

Meer oor:  Barry Pretorius  |  Jan Taks  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.