Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Talle SAID-boetes te hoog omdat naweke getel is

Menige belastingbetaler is die laaste paar jaar onnodig met boetes en rente belas omdat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) verkeerdelik naweke en vakansiedae in berekening gebring het vir die toelaatbare tyd waarin belastingbetalers beswaar kon maak in ’n dispuut.

Die belastingombud het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vasgevat oor foute met rente en boetes.

Die belastingombud beveel in ’n verslag aan dat die SAID dié kwessie onmiddellik regstel en net werkdae tel waar ’n tydraamwerk in die dispuutproses ter sprake is.

Prof. Thabo Legwaila, uitvoerende hoof van die kantoor van die belastingombud, sê omdat die SAID nie net werkdae getel het soos dit behoort te wees nie, was talle belastingbetalers op die SAID se boeke agterstallig. Buiten boetes en rente wat gehef is, het belastingbetalers hul reg verbeur om beswaar aan te teken omdat die SAID gemeen het die tyd daarvoor het verstryk.

Legwaila sê hoewel daar gevalle was waar die SAID én belastingbetalers nie by die voorgeskrewe tydraamwerk gehou het nie, was die SAID in meer gevalle verkeerd.

Hy sê as deel van ’n ondersoek die afgelope sowat 20 maande na onder meer dié kwessie is verskeie vergaderings met die SAID gehou.

Verteenwoordigers van die kantoor van die ombud en die SAID vergader maandeliks en die ombud sal in die volgende vergadering op hoogte kom van watter van die jongste aanbevelings reeds uitgevoer is, sê Legwaila.

Die ondersoek deur die ombud het gevolg op klagtes dat die SAID nie by die tydraamwerk vir dispute hou nie.

Legwaila sê ook Covid-19 plaas die SAID en belastinginsameling onder druk en hy sal na verwagting vanjaar meer aggressief wees om alles in te samel wat hom toekom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.