Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Vadersdag: Laat Pa goed voel én spaar
Daar is 2 peilings spesiaal vir pa’s by dié berig. Laat jouself geld en stem! Foto: Pixabay

’n Goeie pa is sy gewig in goud werd. En dit geld ook ooms, broers, oupas, onderwysers en ander mans wat betrokke is by kinders en as goeie rolmodelle dien.

Sondag 18 Junie is Vadersdag en dis gewoonlik ietwat moeiliker om vir Pa iets te koop as vir Ma. Pappie gaan dalk nou nie so gek wees oor blomme en sjokolade nie ... veral nie as hy “bant” nie. Vul die peiling heelonder in oor wat jy die graagste wil hê.

Gegewe hoe kwaai die geldelike druk op huishoudings op die oomblik is, sal Pa dit dalk ook nie heeltemal so baie waardeer as die gesin oorboord gaan met geskenke nie.

Pa’s weet gewoonlik maar alte goed wat in die huishouding se geldsake aangaan. Met Vadersdag op hande (Sondag 18 Junie) wil ons hoor hoeveel die geskenk kos wat jy as pa graag wil hê (sien peiling hiernaas). (As dinge goedgaan in die huis, moenie skaam wees om ’n groot geskenk te verwag nie - jy werk mos ook vir daardie geld!)

Vul asseblief ons peiling hieronder in en gee ons ’n idee van wat jy wil hê en hoeveel die gesin moet bestee – ons sal dit betyds in hul ore fluister.

Hier is enkele idees om pret te hê op Vadersdag sonder dat dit ’n fortuin kos.

1. As jou pa hou van gholf speel, maar jy regtig nie ’n ronde by jou plaaslike baan kan bekostig nie, bou jou eie baan vir hom in die agterplaas – ingesluit ’n 19de putjie met heerlike versnaperinge en sy gunstelingdrankie. Jy kan papierkoppies vir putjies gebruik en blombeddings vir sandputte.

2. Gaan ry saam fiets. Daar is hope plekke waar mense deesdae goedkoop of selfs verniet met hul bergfietse kan ry. Roetes wissel van baie maklik tot baie uitdagend, so die hele gesin kan deel wees van die pret. Hou ná die tyd ’n piekniek (as dit nie te koud is nie).

3. Gaan stap in die plaaslike botaniese tuin. Die tuine is goed versorg en bied nie net goed gemanikuurde tuine nie, maar dikwels ook roetes wat in die veld ingaan. Hou piekniek ná die tyd (jip, ons weet dis winter!).

4. Hou ’n fliekaand by die huis en laat hom toe om van sy gunsteling-DVD’s te kyk. Bederf hom met tuisgemaakte pizza en springmielies.

5. Bederf hom en onderneem om vir ’n week al sy take in en om die huis te doen – van die gras sny en sy motor was tot die asblik leegmaak. Jy kan dalk dapper wees en selfs sy motorhuis of stoorkamer vir hom regpak.

6. Kleiner kinders kan help om ’n skattejag te beplan waar hulle saam met pa na sy geskenkies kan soek. Hulle kan self die geskenkies maak en dan saam met hom pret hê om dit in en om die huis te soek.

Meer oor:  Spaarwenke  |  Spaar  |  Vadersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1331,99 (255)
  • Top 40 51600,66 (7514)
  • All Share 57948,66 (5183)
  • Resource 10 36133,4 (16161)
  • Financial and Industrial 30 82082,9 (10236)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.