Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Vakansieklubs: Só reageer bedryf op verslag
Sentraalstrand by Plettenbergbaai tydens ’n vorige Desember-vakansie. Foto: Verskaf

Die bedryfsliggaam waaraan die meeste groot tyddeelmaatskappye in Suid-Afrika behoort, het Donderdag die uitreiking van die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) se verslag oor die bedryf verwelkom.

Alex Bosch, bedryfshoof van die Vacation Ownership Association of Southern Africa (Voasa), loof die ondersoekpaneel vir sy toewyding en professionele benadering.

Lees ook: Nuwe, strenger regulasies vir vakansieklubs

Bosch sê Voasa het deurgaans met die NVK-ondersoek saamgewerk en uitgebreide voorleggings gedoen. Dit is ook Donderdag deur Ebrahim Mohamed, kommissaris van die NVK, bevestig.

Die tyddeel- en vakansieklubbedryf dra na raming R3,5 miljard tot die land se ekonomie by en verskaf werk aan 27 000 mense, het die verslag bevind.

Volgens Bosch bly die liggaam “daartoe verbind om te verseker dat 100% van tyddeeleienaars en vakansieklublede en tevrede is met die produkte en diensvlakke wat hulle ontvang het.”

Die bedryf sê hy respekteer die beskerming van verbruikers se regte en sal aanhou om met die NVK saam te werk “om die toepaslike balans tussen die regte en verpligtinge van verbruikers en verskaffers” te behaal.

Voasa stem saam dat Suid-Afrika se wetgewing wat tyddeel betref, vernuwe moet word.

Die bedryfsliggaam bestudeer nog die finale verslag en sal dalk later nog kommentaar lewer.

Meer oor:  Nvk  |  Voasa  |  Alex Bosch  |  Tyddeelskemas  |  Toerisme  |  Vakansieklubs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1201,12 (-10)
  • Top 40 45005,3 (22655)
  • All Share 51037,69 (23164)
  • Resource 10 38001,56 (28524)
  • Financial and Industrial 30 67986,06 (28353)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.