Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Vakansieklubs: Verslag oor klagtes amper gereed
Die hoofstrand by Margate. Foto: Wikipedia

Meer as ’n jaar nadat die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) honderde verbruikers se klagtes oor tyddeel- en vakansieklubs aangehoor het, word die verslag met aanbevelings eersdaags verwag.

Trevor Hattingh, woordvoerder van die NVK, het aan Netwerk24 bevestig die verslag is in die pylvak.

“Die NVK sal die ondersoekverslag uitreik sodra konsultasie met al die regulerende organisasies relevant tot vakansie-eienaarskap en tyddeel voltooi is. Ons is op die oomblik hiermee besig en verwag dat dié finale skof van die ondersoek teen die einde van dié maand (November) afgehandel sal word, waarna ons die verslag openbaar sal maak.”

Hattingh sê die kommissie sal binnekort die datum vir die uitreiking van die verslag bekend maak.

“Dit sou onbillik wees om die verslag uit te reik as reguleerders deur die media moet hoor hoe die aanbevelings hulle gaan raak.”

Die slegte nuus vir verbruikers wat ’n bloutjie met vakansieklubs geloop het, is dat die aanbevelings nie noodwendig individuele probleme gaan oplos nie.

Ebrahim Mohamed, kommissarris van die NVK, het met die aanvang van die ondersoek gesê die doelwit daarvan is om permanente oplossings te vind wat neerslag sal vind in wetgewing en regulering van die bedryf.

Netwerk24 het heelwat van die openbare sittings bygewoon, onder meer in Kaapstad, Bloemfontein en Johannesburg, en die klagtes was soortgelyk.

Baie mense het gekla:
  • Dat hulle nie lewenslange kontrakte kan beëindig nie;
  • Dat die jaarlikse administrasiekoste skerp styg;
  • Dat hulle sukkel om plek te kry wanneer hulle wil bespreek;
  • Dat hulle aanmekaar meer en meer punte moet koop om plek te kan bekostig; en
  • Dat die vakansies eindelik baie duurder uitwerk as wat dit sou wees indien hulle nié deur vakansieklubs gewerk het nie.
  • Daarby het talle mense getuig dat hulle oorreed is om pakkette te aanvaar voordat hulle die volle kontrak, met die voorwaardes en bepalings, voor die wetlik vereiste afkoeltydperk van vyf dae onder oë kon hê.

Die probleem met vakansieklubs het ’n lang aanloop. Talle verbruikers, baie van hulle bejaard, is oorreed om kontrakte te onderteken gegrond op beloftes dat die punte wat hulle koop, jaarliks vir hulle ’n heerlike voorafbetaalde vakansie sal beteken.

Adv. Anton Alberts van die VF Plus het reeds jare gelede klagte in die parlement ingedien, wat toe in die portefeuljekomitee oor handel en nywerheid bespreek is. Dié komitee het opdrag gegee dat die NVK die saak ondersoek.

Diane Terblanche, voorheen kommissaris van die Verbruikerstribunaal, is hoof van die ondersoekpaneel. Sy word bygestaan deur twee regslui, Andile Ngcobo en Zandile Mpongose.

Meer oor:  Ebrahim Mohamed  |  Anton Alberts  |  Vakansieklubs  |  Vakansie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.