Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Valentynsdag in pandemie trek sy gordel in – FNB

Dit is vanjaar die eerste Valentynsdag sedert die inperkings vir die wêreldwye koronaviruspandemie begin het en na verwagting gaan die besteding daarop afneem.

Suid-Afrikaners het waarskynlik Sondag Valentynsdag stil-stil gevier. Foto: iStock

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het verlede jaar in Maart Covid-19 as 'n pandemie verklaar. 

Raj Makanjee, uitvoerende hoof van FNB se kleinhandel- en private bank, sê die besteding gaan na verwagting afneem omdat die pandemie huishoudelike begrotings onder druk plaas terwyl die opsies vir onthaal ook beperk is.

Makanjee sê hoewel daar druk is op verbruikers, dui FNB se inligting daarop dat Valentynsdag steeds ’n gewilde tydperk is vir mense om hul geliefdes te bederf en saam met hulle te vier.

Dit mag dus beteken dat verkope styg vergeleke met die vorige week, maar minder as die vorige jaar is.

Hy verwag die verkope aanlyn sal toeneem.

FNB beleef ook ’n groter verskuiwing na aanlyn verkope onder sy kliënte as ooit vantevore.

Makanjee sê in die verlede is gevind dat verbruikers elke jaar meer bestee op produkte soos sjokolade, blomme, algemene geskenke en juweliersware.

In die week van Valentynsdag 2020 het die besteding by sjokoladevervaardigers met 171% gestyg vergeleke met die vorige week.

Die verkope van sjokolade aanlyn het meer as dubbel (316%) gestyg vergeleke met die styging van 125% in sjokolade wat in winkels verkoop is.

Die besteding op blomme het in 2020 met 74% gestyg in die week vergeleke met die vorige week en juweliersware het met 35% gestyg.

Meer oor:  Fnb  |  Valentynsdag  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.