Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Vandag is D-Dag vir jou belasting
31 Oktober is die laaste dag wat belastingopgawes op die eFiling stelsel ingedien kan word. Foto: iStock

Suid-Afrikaners wat eFiling gebruik moet teen die einde van die dag hul belastingopgawe indien.

Voorlopige belastingbetalers het wel nog tot 31 Januarie 2019 om hul opgawes via die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se eFiling-stelsel in te dien.

Die SAID het voorheen gesê sy stelsel is reg om tot soveel as 150 000 gebruikers op een slag te hanteer.

In die aanloop tot die sperdatum sê die SAID dat tot 20 000 belastingbetalers gelyk op die stelsel ingeteken was.

Ander wenke van die SAID wat belastingbetalers in gedagte moet hou is:

1. eFiling is 24 uur per dag beskikbaar. Belastingbetalers het dus tot net voor middernag kans om opgawes in te dien.

2. Sekere van die SAID se takke het kiosks waar belastingbetalers hulself kan help.

3. Die eFiling-stelsel kan baie besig raak, so wees geduldig.

4. Die Help-You-eFile-funksie op die webtuiste verbind belastingbetalers met konsultante by die SAID. Dié funksie is gedurende kantoorure beskikbaar.

5. Belastingopgawes word dieselfde dag wat dit ingedien word, reeds verwerk.

6. Die SAID vul sekere inligting outomaties op belastingopgawes in om die proses te vergemaklik. Belastingbetalers moet net bevestig die inligting is korrek.

7. Van 1 November word administratiewe boetes van tussen R200 tot R15 000 gehef op opgawes wat laat ingedien word.

8. Belastingbetalers word gewaarsku om nie vir enige bedrogskemas te val nie. Die SAID moedig belastingbetalers aan om sy kontaksentrum te bel om te bevestig dat kommunikasie, byvoorbeeld oor terugbetalings, wel van hom af kom.

As jy nog nie jou opgawe ingedien het nie, klik hier om na die eFiling webtuiste te gaan.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.