Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Verbruikers in sak en as oor hul geldsake
Duurder kos en hoër inflasie maak verbruikers bekommerd.Foto: Pixabay

Met Ramaforia wat iets van die verlede vir Suid-Afrikaanse verbruikers is, ervaar hulle nou eerder ’n tydperk wat as “Ramageddon” beskryf kan word en voel dat hulle finansieel baie meer kwesbaar as ooit tevore is.

Dit is volgens MMI Holdings en Unisa se navorsing oor die finansiële kwesbaarheid van Suid-Afrikaanse verbruikers.

Volgens hul nuwe data staan hul indeks vir verbruikers vir die tweede kwartaal in 2018 op 49,14 punte. Dit plaas verbruikers in die “baie kwesbare”-kategorie op die indeks.

Enige punt laer as 50 beteken mense voel baie kwesbaar.

Die punt is beduidend laer as die 52,64 vir die eerste kwartaal.

“Onthou, ons kyk hier na mense se persepsie van hul finansiële situasie en hoe hulle daaroor voel, en nie wat dit werklik is nie,” sê prof. Carel van Aardt, hoof van Unisa se buro vir huishoudelike welvaart.

MMI Holdings en Unisa gee ’n elle lange lys van redes oor hoekom verbruikers skielik beduidend meer kwesbaar oor hul geldsake voel.

Die lys sluit in:

  • Hoë vlakke van werkloosheid;
  • BTW wat verhoog is;
  • Lae vlakke van onderrig;
  • Verbruikers spaar nie regtig nie;
  • Duur brandstof;
  • Hoër lewenskoste;
  • Verbruikers leef bo hul vermoë en gaan te veel skuld aan;
  • Talle Suid-Afrikaners is arm;
  • Verbruikers koop baie dinge wat hulle nie regtig nodig het nie;
  • Die huidige ekonomiese omgewing plaas groot druk op huishoudings se finansies;
  • Basiese items soos vervoer, elektrisiteit en kos word duurder;
  • ’n Baie wisselvallige ekonomiese omgewing;
  • Oor die algemeen stel huishoudings nie begrotings op nie;
  • Hoë mediese koste; en
  • Inkomste styg nie, maar inflasie wel.

Soos sake nou staan, dink baie Suid-Afrikaners, oftewel 48% van dié wat aan die peiling deelgeneem het, ook nie die situasie gaan binnekort verbeter nie.

“Wat erger is, is dat 83% van mense wat aan die peiling deelgeneem het, glo werkloosheid gaan vererger.”

Die peiling vir die tweede kwartaal is gedoen voordat die petrolprys tot hoër as R17 per liter gestyg het, en Suid-Afrika weer eens ’n nuwe minister van finansies gekry het.

Tito Mboweni het Nhanhla Nene vandeesweek vervang nadat Nene voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping erken het dat hy die Guptas in hul huis in Johannesburg besoek het.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Cyril Ramaphosa  |  Nhlanhla ­Nene  |  Ekonomie  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Werkloosheid  |  Verbruikers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1165,95 (-2896)
  • Top 40 46034,48 (13912)
  • All Share 52204,16 (11119)
  • Resource 10 40647,82 (-48786)
  • Financial and Industrial 30 68452,49 (57448)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.