Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Vermy dié 7 foute in jou testament
Benut die kans om dié week ’n geldige testament te laat opstel. Foto: iStock

Eenvoud is ’n goeie ding – maar as jou testament té eenvoudig is, kan dit dinge ná jou dood erg kompliseer.

Só waarsku Willie Fourie, hoof van boedel- en trustdienste by PSG Wealth, wat mense aanmoedig om die kans te benut om dié week ’n geldige testament te laat opstel.

Prokureursfirmas wat aan hul provinsiale regsgenootskap behoort, bied dié diens gratis aan in Nasionale Testamentweek, wat tot Vrydag duur. Klik hier vir ’n lys prokureursfirmas wat betrokke is, maar onthou dat jy ’n afspraak moet maak.

Fourie gee sewe wenke wanneer jou testament opgestel word:

1. Moenie ingewikkelde bewoording gebruik nie

Gebruik eenvoudige taal sodat daar geen verwarring is oor jou bedoeling nie. Moenie regsterme gebruik tensy jy deeglike kennis van hul implikasies het nie.

2. Vermy ingewikkelde strukture

Hoe eenvoudiger jou boedel, hoe vinniger en goedkoper gaan dit beredder word.

Plaaslike en buitelandse trusts en maatskappye klink dalk na ’n belastingvriendelike plan om jou beleggings en eiendom te huisves terwyl jy leef, maar dis duur om te onderhou – veral as koste in ’n buitelandse geldeenheid bereken word – en kan gou-gou enige geld wat jy wou spaar, ongedaan maak. Ná jou dood is dit ook baie duurder en langer om jou boedel te beredder.

Onthou ook dat dit uiteindelik jou familie, saam met jou eksekuteur en trustees, is wat die las dra as jy ingewikkelde strukture skep wat onderhou en geadministreer moet word. Dit sluit in “ewigdurende” trusts.

3. Moenie behep raak met belastingbesparing nie

Fourie sê hulle sien gereeld dat mense so behep raak om boedelbelasting te bespaar, dat hulle vergeet om die praktiese behoeftes van hul erfgename in ag te neem.

4. Laat buigsaamheid toe

Wees versigtig voordat jy perke stel op hoe bates oorgedra mag word.

5. Onthou dat daar perke is op jou regte as testateur

Jy mag inderdaad jou geld en goed vir enigeen nalaat – mits jy nie jou verpligtinge probeer ontduik nie. Mense wat afhanklik is van jou, soos jou kinders, en ’n lewensmaat as julle met die aanwasbedeling getroud is, het bepaalde regte wat jy nie kan ignoreer nie.

Onthou ook dat jy nie die finale sê het oor jou pensioenfondsgeld nie – die trustees van jou fonds kyk na jou benoemings (wat jy gereeld moet bywerk by die fonds), maar maak ook seker dat jy aan die wet voldoen en nie byvoorbeeld ’n minderjarige kind uitgesluit het nie.

6. Maak jou testament deel van jou finansiële plan

Jou finansiële beplanner en prokureur of ander persoon wat jou boedelbeplanning doen, moet van mekaar se werk bewus wees. “Dit kan duur foute en misverstande voorkom.”

7. Moenie uitstel nie

Moenie onderskat hoe traumaties dit gaan wees as jy doodgaan sonder ’n geldige testament nie. Jy weet nie wanneer jy te sterwe gaan kom nie. “Daar is baie gruwelstories oor die koste van uitstel.”

Maak vandag nog ’n afspraak!

Meer oor:  Testament  |  Boedelbeplanning  |  Boedel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.