Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
‘Vermy skuld soos die pes’ ná Moody’s-besluit

Moody’s Investors Service se besluit om Suid-Afrika nog een heel laaste kans te gee as ’n land op beleggingsgraad, is g’n rede vir feesvier nie. Verbruikers met skuld kan dalk saam met die land oor die afgrond stort wanneer ’n afgradering wel kom.

Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, rig ’n ernstige waarskuwing tot Suid-Afrikaners: “Vermy skuld soos die pes.”

’n Afgradering sal die rand laat verswak en ’n bose siklus begin wat eindelik kan meebring dat reentekoerse verhoog sal moet word, wat mense met skuld hard sal tref.

’n Afgradering sal die rand laat verswak en ’n bose siklus begin wat eindelik kan meebring dat reentekoerse verhoog sal moet word, wat mense met skuld hard sal tref.

Roets sê dis onduidelik hoekom Moody’s die land nóg ’n kans gegee het om ’n fiskale ramp te vermy wat waarskynlik onvermydelik is.

Moody’s het wel die vooruitsig vir die gradering van stabiel na negatief verander. Dit gee die land tot die volgende gradering kans om wesentlike veranderinge aan sy geldsake aan te bring om ’n afgradering tot volslae rommelstatus te probeer voorkom.

Moody’s sê in sy verklaring die Februarie-begrotingsrede – oor minder as vier maande – sal deurslaggewend vir sy besluit wees. ’n Afgradering kan egter met tot 18 maande uitgestel word.

“In die beste scenario moet verbruikers dié tyd (die volgende 18 maande) as ’n blaaskans sien en nié as ’n rede om verder skuld te maak nie,” sê Roets.

“Die algemene ekonomiese toestand in Suid-Afrika bly rampspoedig.

“Dit was ooglopend uit Tito Mboweni, minister van finansies, se mediumtermynbegrotingsrede (MTBR) dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in ’n baie slegte toestand is en dat daar oënskynlik eintlik baie min is wat hy daaromtrent kan doen.”

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, voel Mboweni het goeie stappe gedoen in sy MTBR, “maar dis tien jaar te laat”.

“Dit het nie ver genoeg gegaan om die ekonomie op die regte koers te kry nie.”

Volgens Roodt is hy oortuig daarvan dat Suid-Afrika nie die kredietafgradering tot volslae rommelstatus sal kan vermy nie.

Roets is veral bekommerd dat die staat uit desperaatheid om die staatskas aan die gang te hou eersdaags die reeds oorbelaste verbruikers ’n nog hoër belastinglas gaan oplê.

“Die sakesektor is reeds tot die dood toe belas, wat een van die redes is waarom die groei in die korporatiewe sektor so stadig verloop.

“Die meeste verbruikers het luukshede reeds uit hul lewens en begrotings verwyder,” sê Roets.

Hy sê die enigste raad wat hy vir verbruikers het, is om onnodige skuld tot elke prys te vermy.

“Vergeet daarvan om ’n nuwe motor te koop. Soek eerder ’n goeie tweedehandse motor.

“Dit is nie nou die tyd om jou huis op te gradeer nie, tensy daar geldige redes soos ’n groeiende gesin is.

Volgens ’n Debt Rescue-peiling bestee 43% van respondente tans meer as 50% van hul besteebare inkomste op skuldafbetalings en rente.

’n Toename van 21% van mense onder skuldhersiening word ook tans deur Debt Rescue teenoor verlede jaar waargeneem.

“Hoewel baie van ons reeds die punt bereik het waar daar niks meer oor is om te besnoei nie, sal ons ons leefstyl móét wysig om aan te pas by die moeiliker marktoestande, en meer doen met minder,” sê Roets.

“Daar lê baie moeilike tye vir Suid-Afrikaners voor.”

Meer oor:  Debt Rescue  |  Tito Mboweni  |  Neil Roets  |  Dawie Roodt  |  Skuld  |  Krediet  |  Staatskuld  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders  |  Kredietgradering  |  Mtbr2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.