Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Verpligte versekering kan weghol-premies help vermy
Andrew Coutts, hoof van intermediêre sake van Santam, Dinsdag in Sandton.Foto: William Horne

Daar is ’n “ontploffing van risiko” in Suid-Afrika se versekeringsbedryf, maar premies kan doodeenvoudig nie net aanhou styg nie. Groot veranderinge is nou nodig om die land van “ekstreme risiko” te beskerm.

Dit was die boodskap toe Santam ’n nuwe sogenaamde barometer vir versekering bekend gestel het wat die versekeringsreus vanjaar begin saamstel het.

Santam sê die meeste Suid-Afrikaners is onverseker of onderverseker, terwyl risiko aanhou toeneem. Dit het dan ’n sneeubaleffek wat premies hoër stoot, wat weer meebring dat meer mense hul versekering kanselleer.

“Die tradisionele benadering van net premies aanhou verhoog, gaan ons oor die afgrond stoot,” sê Andrew Coutts, hoof van intermediêre sake van Santam.

“Midde-in ’n risiko-ontploffing is die enigste uitweg dat die poel versekerde mense vergroot.”

Baie mense kan versekering nie meer bekostig nie, en toenemend wys die syfers die land kan nie bekostig om nié versekering te hê nie, meen Santam.

Die versekeraar glo hy kan die versekeringsmark help transformeer, maar as die regering ingryp, sou dit “beduidend help om dit te help realiseer,” sê Gerald van Wyk, hoof van mark- en ondernemingsontwikkeling van Santam.

Coutts verduidelik dat Suid-Afrika tans met ’n groter aantal onversekerde mense sit as ooit vantevore, maar pryssensitiwiteit weens die powere ekonomiese klimaat beteken al hoe minder mense kan broodnodige versekering bekostig.

Coutts sê die versekeringsbedryf se ganse benadering tot hoe versekering werk, is besig om te verander sodat daar teen toenemende risiko beskerm kan word sonder dat pryse nog meer mense uitsluit.

Die toekoms van versekering, verduidelik hy, is dus nie meer om doeltreffend en empaties eise uit te betaal nie, dit gaan daaroor om te verhoed dat eise ooit ingedien hoef te word.

Die toekoms van versekering is nie meer om doeltreffend en empaties eise uit te betaal nie, dit gaan daaroor om te verhoed dat eise ooit ingedien hoef te word.

’n Voorbeeld van hoe dit werk, is volgens Santam om deur middel van tegnologie risikoprofiele te verlaag sodat pryse kan afkom en meer mense versekering kan bekostig.

Coutts wys onder meer daarop dat geiserversekering, waar eise vir skade weens ’n gebarste geiser uitbetaal word, oor die afgelope drie jaar met 20% gestyg het. In Santam se nuwe benadering tot versekering sou hy ’n laer premie aanbied in ruil vir die installering van sensors wat probleme met ’n geiser vroegtydig kan bespeur.

Die data sal die versekeraar dan in staat stel om die toestel te vervang voordat dit onklaar raak en skade aan ander besittings aanrig – skade wat die grootste deel van so ’n eis uitmaak.

Dieselfde tegnologiese benadering kan in talle soorte korttermynversekeringstoepassings benut word, sê Coutts.

“Ons kan dan beduidende waarde vir die gebruiker skep en sy blootstelling aan risiko verminder.

“Die feit van die saak is die frekwensie van gevalle waar eise nodig is, hét afgeneem, maar die erns het toegeneem.”

Philippa Wild, Santam se hoof van onderskrywing, sê as die regering sou ingryp en versekering vir byvoorbeeld motors verpligtend maak, sal dit “baie ver gaan” om die mark te help transformeer na een waar risiko doeltreffend en modern bestuur kan word.

Wild dink wel Santam kan sonder dié soort broodnodige ingryping en hersiening vanaf die regering klaarkom.

Van Wyk sê verpligte versekering en ander regulatoriese faktore waaroor versekeraars nie mag het nie, sal ’n “bepalende faktor” wees in die uitkoms van risikobestuur in ’n land waar risiko net toeneem.

Meer oor:  Santam  |  Premies  |  Geldsake  |  Dekking  |  Versekering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.