Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Versekeraars: Hiéroor kla verbruikers by ombud

Polisse wat nie uitbetaal word nie, is met 49,46% van alle klagtes verreweg die grootste rede waarom verbruikers die ombud vir langtermynversekering nader.

   

Die ombud vir langtermynversekering het die jaar 5 435 sake hanteer. Foto: iStock

Ron McLaren, die ombud, het in 29% van alle sake ten volle of gedeeltelik in die guns van verbruikers beslis. Op grond daarvan moes langtermynversekeraars kontantuitbetalings van R193,3 miljoen doen, asook R531 429 se vergoeding vir onder meer swak diens uitbetaal.

Die ombudsdiens het Dinsdag sy 2017-jaarverslag uitgereik. Die getal sake wat die ombud behartig het, het net matig gestyg in dié jaar, tot 5 435.

Die ombud vir langtermynversekering behartig klagtes van verbruikers oor kredietlewensversekering, begrafnisdekking, lewensversekering, ongeskiktheidsdekking en mediese dekking soos hospitaalplanne.

Meer as twee derdes van die klagtes gaan oor begrafnisdekking en lewensdekking.

McLaren sê al hoe meer sake word ontvang wat handel oor nieopenbaarmaking. Dis wanneer iemand byvoorbeeld nie openbaar maak dat hy rook nie. ’n Lewenspolis mag in so ’n geval afgekeur word.

Watter versekeraars reageer stadig?

Die ombud maak ’n swart kol langs ’n versekeraar se naam as hy twee keer herinner moet word om te reageer op ’n klag waaroor die ombud inligting verlang. Vanjaar was dit 1Life Insurance, Alexander Forbes Life, FirstRand Life, Liberty, Nedgroup Life, Nestlife Assurance, Safrican Insurance en Workerslife Assurance.

Maar die ombud sê nieopenbaarmaking behels nie altyd dat verbruikers oneerlik is nie. Dit wil voorkom asof al hoe meer versekeraars onder druk om polisse te verkoop, nie al die nodige vrae vra nie. McLaren gee outomatiese onderskrywing en die druk op versekeraars om nuwe polisse vinnig te verkoop, die skuld.

Daarby sê hy ook dis moontlik ’n probleem dat al hoe meer langtermynversekering regstreeks aan verbruikers verkoop word, dus sonder die bemiddeling van ’n makelaar.

Die drie lewensversekeraars waaroor die meeste klagtes ontvang is, is Old Mutual Life, (847 klagtes), die Liberty-groep (600) en Hollard (485).

Die getal klagtes is op sigself egter misleidend, aangesien versekeraars met ’n groter markaandeel bykans vanselfsprekend meer klagtes ontvang.

’n Beter aanduiding van probleme is watter persentasie van klagtes in die guns van verbruikers beslis word. Old Mutual Life se 25,4% is onder die gemiddelde van 29% vir alle versekeraars, maar Liberty (32,4%) en Hollard (35,3%) het ’n bogemiddeld hoë persentasie klagtes wat in die guns van verbruikers beslis word. Sien grafika hieronder.

Die versekeraars met die swakste prestasie is New Era Life, waarvan 100% van die klagtes in die guns van verbruikers omgekeer is, Old Mutual Alternative Solutions (57,1%) en Smart Life (50%). Sien grafika hieronder.

Waar woon die klaers?

Die getal klagtes stem grootliks ooreen met die ekonomiese grootte van verskillende provinsies. Verreweg die meeste klagtes kom uit Gauteng (30,8%), daarna uit die Wes-Kaap (16,2%) en KwaZulu-Natal (14,7%). Só lyk die persentasie klagtes uit elke provinsie:

  • Gauteng 30,8%
  • Wes-Kaap 16,2%
  • KwaZulu-Natal 14,7%
  • Oos-Kaap 11,5%
  • Vrystaat 6,9%
  • Mpumalanga 5,7%
  • Noord-Kaap 4,3%
  • Noordwes 2,7%
  • Limpopo 2,1%

Watter soort polisse kry die meeste klagtes?

  • Begrafnispolisse 37%
  • Lewensversekering 30%
  • Ongeskiktheidsdekking 11%
  • Gesondheidsversekering 10%
  • Kredietlewensversekering 9%
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1198,81 (843)
  • Top 40 45935,94 (-22792)
  • All Share 52132,6 (-25842)
  • Resource 10 41255,18 (-4629)
  • Financial and Industrial 30 67915,81 (-39717)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.