Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Vind só uit of jy terugbetaling van Liberty kan kry

Tussen 75 000 en 105 000 mense is moontlik geregtig op ’n terugbetaling van Liberty.

Die maatskappy, wat finansiële dienste lewer, het onlangs bekend gemaak dat hy sowat R2,2 miljard se onopgeëiste voordele in fondse opgespoor het wat hy administreer.

Daarvan is sowat R1 miljard reeds oorgeplaas in ’n fonds vir onopgeëiste voordele wat in 2009 opgerig is.

Onopgeëiste voordele word deur die Pensioenfondswet beheer en is voordele wat nie geëis en uitbetaal is twee jaar nadat die lid die diens van die werkgewer verlaat het nie.

Na raming is daar tussen R44 miljard en R50 miljard se onopgeëiste geld in aftreefondse in die hele bedryf.

Liberty het nou ook twee onafhanklike trustees, Douglas Maila en Jerry Mnisi, aangestel om die korporatiewe beheer van die groep se onopgeëiste voordele te verstewig.

Maila is ’n voormalige vakbondleier en is reeds 15 jaar die verkose trustee van die Kimberley Clark-voorsorgfonds waar hy baanbrekerswerk gedoen het om werkers oor onopgeëiste aftreevoordele in te lig.

Mnisi het die grootste gedeelte van sy professionele loopbaan in die beleggings- en aftreefondsbedryf gewerk en is die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (Samro).

Volgens Tiaan Kotze, uitvoerende hoof van die pensioenfondsadministrateur Liberty Corporate, beskou die groep die kwessie van onopgeëiste voordele in ’n baie ernstige lig.

“Ons het ons vermoë aansienlik versterk om begunstigdes van onopgeëiste voordele op te spoor en te betaal en het ons interaksie met gemeenskapsorganisasies verstewig.”

Die maatskappy lei werkgewers en lede van sy aftreefondse op om die voorkoms van onopgeëiste voordele te verklein, sê Kotze.

  • As jy wil uitvind of jy dalk een van die begunstigdes is, kan jy Liberty se oproepsentrum bel by 011 408 2999 en opsie 1 kies, of ’n e-pos stuur na unclaimedbenefitqueriesa@liberty.co.za.
Meer oor:  Liberty  |  Terugbetaling  |  Versekering  |  Pensioenfondswet  |  Eise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.