Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Voorlopige belasting: Maak seker van waarde
belasting
Weet jy hoe werk voolopige belasting? Foto: Unsplash

Aangesien ons in ’n voorlopige-belastingmaand is, gee ek hier ’n voorbeeld van ’n berekening vir voorlopige belasting.

As jy enige ander inkomste as ’n salaris verdien, maak seker dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) jou ná jou 2019- opgawe moontlik outomaties geregistreer het. Jy moet dan vir eFiling registreer (doen dit so gou moontlik, dit gaan nie altyd dadelik deur nie).

Beplan om dié opgawe op die laatste op Vrydag 28 Augustus in te dien (en indien nodig, te betaal).

Hoewel die belasting met hierdie opgawe net Maart tot Augustus 2020 geld, moet die berekening van jou belasbare inkomste steeds vir die hele jaar vooruit gedoen word.

Jy bereken die belasting daarop (van die hele jaar) en deel dit dan deur twee. Trek af wat jy reeds aan die SAID oorbetaal het (of gaan betaal) tussen Maart en Augustus 2020.

Betaal dit oor op jou voorlopige belastingopgawe se unieke verwysingsnommer en nie op jou algemene belastingnommer nie.

Sientabel A.

belasting

Mnr. X, wat R30 500 per maand voor belasting verdien, betaal self die mediesefondspremies vir hom en sy gade, maar sy werkgewer neem dit in ag by die berekening van sy maandelikse inkomstebelasting (wat uitwerk op R4 857,83).

Hy doen ook ekstra werk en op sommige daarvan word belasting afgetrek.

Mnr. X het die volgende vier foute gemaak en sy belasbare inkomste met amper R75 000 onderskat:

  • Hy het sy bydraes tot sy belastingvrye belegging afgetrek. Hoewel hierdie belegging geen belastingimplikasies het nie (mits jy by die produk se voorwaardes hou) kan jy dit nie beskou as ’n aftrekking soos jou uittreeannuïteitbydraes nie;
  • Mnr. X het sy volle verbandpaaiement afgetrek van die huurinkomste. Hy mag net die rente op die verband en die gepaardgaande uitgawes aftrek;
  • ’n Rekenaar van R9 000 is op 1 Maart 2020 aangekoop en mnr. X het die volle waarde as ’n uitgawe afgetrek. Volgens SAID-tabelle mag hy slegs een derde (en pro rata daarvan ten opsigte van wanneer die bate in die belastingjaar aangekoop is) in hierdie belastingjaar aftrek as ’n uitgawe. Dit geld bates van R7 000 en meer; en
  • Mnr. X het sy volle mediese- fonds-bydraes afgetrek in plaas daarvan om dit te beperk tot die mediesefonds-krediete waarop elke persoon geregtig is wat op sy fonds geregistreer is.

Tabel B wys vir ons die werklike betaalbare bedrag.

belasting

As jy eFiling gebruik om jou voorlopige-belastingopgawe oop te maak, maak seker dat jy jou opgawe met die minimum raming indien wat die SAID gewoonlik daarop voorsien.

As jy dit verminder (veral as jou inkomste baie kleiner was weens Covid-19), moet jy baie seker wees jou ramings is korrek, anders kan jy later boetes betaal.

Waar nodig, kry hulp van ’n belastingpraktisyn.

  • Charné van der Walt, bekend as The Lemon Lady, is ’n finansiële raadgewer en belastingpraktisyn in Stellenbosch. Lesers kan e-pos stuur na info@lemons.co.za met vrae wat in komende rubrieke hanteer sal word, maar een-tot-een- advies is nie beskikbaar nie. Die artikels word in leketaal geskryf en bevat nie spesifieke of persoonlike raad nie. Sy skryf gereeld vir Sake.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.