Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Wil jy in 2019 goedkoop oorsee gaan? Vermy dié stede

Johannesburg en Kaapstad is vanjaar in die goedkoopste helfte van die voorste 100 internasionale vakansiebestemmings.

Gaan jou volgende vakansie in Parys billik wees of moet jy dalk kyk na die bekostigbaarheid van Hawaii? Só vergelyk gewilde bestemmings nou – net betyds vir jou om te begin spaar en beplan. Foto: Unsplash

Die Britse maatskappy Hoppa stel jaarliks ’n verslag op waarin die wêreld se duurste en goedkoopste vakansiebestemmings vergelyk word in pondwaarde op grond van die koste van verblyf, vervoer, kos, drank en vermaak per persoon.

New York is vir die tweede agtereenvolgende jaar heel boaan die lys met ’n gemiddelde koste van R6 681 per persoon per dag. Dit is sowat R522 meer as die vorige jaar.

Teen net sowat R1 300 per dag is Manila in die Filippyne steeds ’n wenbestemming vergeleke met die meeste ander vakansiebestemmings. Maar ook dié plek se koste is sowat R173 per dag duurder as die vorige jaar.

Die vorige jaar was Kiëf in die Oekraïne die goedkoopste vakansiebestemming.

In Suid-Afrika het Johannesburg die 76de plek verwerf op die lys (sowat R2 000 per dag), terwyl Kaapstad heelwat duurder ingedeel is op posisie 54 (sowat R2 600 per dag).

Kaapstad het wel op agt na die goedkoopste koppies koffie, bottels wyn en skemerkelkies uit die 100 lande op die lys.

SA se gemiddelde restaurantpryse teenoor dié van die duurste bestemmings

Bottels wyn:

  • Kaapstad (9de goedkoopste) – R84
  • Dubai (duurste) – R472

Koppies koffie:

  • Kaapstad (9de goedkoopste) – R26
  • Abu Dhabi (duurste) – R92

Skemerkelkies:

  • Johannesburg (6de goedkoopste) – R62
  • Ibiza (duurste) – R273

Die goedkoopste bestemmings is hoofsaaklik gesentreer in Suidoos-Asië waar ’n mens vir ’n appel en ’n ei ’n weelderige vakansies kan hou. Wat verblyf betref, is nege uit die tien heel goedkoopste stede almal in dié streek, met net Turkye se Antalya wat ook dié ranglys betree in die tiende plek.

Die duurste bestemmings is almal in Europa en Amerika en jy sal gemiddeld sowat R5 247 per dag moet opdok vir elke persoon wat saam gaan.

geldsake, toerisme
Meer oor:  Kaapstad  |  Johannesburg  |  Toerisme  |  Vakansiebestemming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1986,07 (-56)
  • Top 40 51958,03 (51078)
  • All Share 58052,71 (51549)
  • Resource 10 46470,08 (33567)
  • Financial and Industrial 30 77966,47 (84434)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.