Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
WVF betaal al meer as R31 mjd. uit

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het al sowat R31 miljard se Covid-19-Ters-uitbetalings gemaak.

Die WVF se Covid19Ters-skema betaal nog net eise vir Junie-salarisse voordat dit tot ’n einde kom. Foto: Unsplash

Luidens ’n verklaring wat die departement van indiensneming en arbeid Woensdag uitgereik het, is nou al uitbetalings aan 6 808 971 werknemers van 557 823 ondernemings gemaak.

In April is R19,6 miljard aan 3 871 948 werknemers uitbetaal.

Nadat die staat van inperking in Mei verslap is, kon meer werknemers terugkeer werk toe. Die Covid-19-Ters-skema het in dié maand net R9,7 miljard aan 2,5 miljoen werknemers betaal.

Junie se betalings word nog gedoen en die WVF sê dit sal eersdaags klaar wees. Tot dusver vir die maand is R1,6 miljard al aan 409 647 werknemers uitbetaal.

Altesaam R40 miljard is beskikbaar gemaak vir die Covid-19-Ters-skema en die WVF reken hy sal uiteindelik bykans die volle bedrag uitbetaal.

Die Covid-19-Ters-skema dek wel net salarisse tot Junie.

Die departement se Vergoedingsfonds word egter steeds ingespan. Dié fonds maak betalings aan werknemers wat die koronavirus by die werkplek opdoen. Luidens die verklaring is 1 769 eise al teen dié fonds ingestel.

Die meeste hiervan kom van die Wes-Kaap (813), gevolg deur die Oos-Kaap (160), KwaZulu-Natal (99), Gauteng (54), Limpopo (2), Noordwes (2) en die Noord-Kaap (1).

“Ons ervaar tans ’n toename in eise namate meer werkers siektes wat by die werk opgedoen is, aanmeld,” sê Vuyo Mafata, kommissaris van die Vergoedingsfonds.

“Die fonds aanvaar ook eise van werkgewers wat moet eis vir die betaling aan werkers terwyl hulle vir 14 dae in isolasie is om te verseker dat hulle nie meer van hul kollegas aansteek nie.”

Die departement is egter ernstig bekommerd oor die toenemende bewyse dat werkgewers nie aan veiligheidsmaatreëls voldoen nie.

Net 57% van werknemers in die private sektor volg nou die maatreëls, terwyl slegs 47% van werknemers in die openbare sektor dit doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.