Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
WVF betaal reeds R1 mjd. vir Mei-eise
Die WVF het reeds begin om Covid19Ters-eise vir Mei te betaal.Foto: Elvira Wood

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het reeds R1 miljard se eise betaal vir werkers wat in Mei van die Covid19Ters-skema geëis het.

Thulas Nxesi, minister van arbeid, sê Maandagaand in ’n verklaring dié departement vorder goed om so gou as moontlik eise te verwerk wat vir Mei ontvang is.

Die R1 miljard is aan 252 378 werknemers betaal. Hulle word deur 26 648 werkgewers verteenwoordig.

Die fonds het ook ’n verdere R331,5 miljoen aan 79 507 werkers betaal, met wie se eise daar gedurende April probleme ondervind is.

Die WVF sê in Mei behoort hy eise baie vinniger te kan verwerk en betaal omdat hy nou reeds die inligting van baie werkgewers en werknemers het.

Die departement herinner werkgewers dat die volgende dokumente nodig is wanneer eise vir Mei ingedien word:

  • Bewys dat die werkgewer se Covid19Ters-voordeel wat eers aan die werkgewer betaal is, wel aan die werknemer oorbetaal is;
  • ’n Brief van die bank waarin die werkgewer se rekeningbesonderhede bevestig word, of ’n bankstaat; en
  • Getekende goedkeurings- of aanvaardingsbrief ontvang van die WVF vir betalings vir April tussen werkgewer en werknemer.

Nxesi sê hy is die versekering gegee dat die WVF in Mei eise beduidend vinniger gaan verwerk. Die WVF het in April reeds sommige eise binne 24 uur verwerk.

Hy herinner werkgewers ook om akkurate bankbesonderhede vir werknemers te verskaf, sodat betalings direk aan werknemers gemaak kan word.

Die WVF het R16,5 miljard se eise aan 3 290 625 werkers betaal wat van die Covid19Ters-skema geëis het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.