Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
WVF en Covid-19: Só kan jy eis
wvf
Daar is ’n inbelnommer wat mense kan skakel vir meer inligting oor die proses om van die WVF te eis. Foto: Unsplash

’n Gids wat aan werkgewers verduidelik hoe hulle en hul werknemers voordele van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) kan eis, is op die webblad van die departement van arbeid gepubliseer.

Werkgewers wat normaalweg bydraes tot die WVF van hul werknemers ontvang en dit aan die WVF oorbetaal, mag hiervolgens voordele vir hul werkers eis wat nie tydens die inperking weens die korona-pandemie kan werk nie of wat ’n kleiner salaris ontvang.

   

Stuur ’n e-pos

   

Die eerste stap wat sulke werkgewers moet doen volgens die departement van arbeid is om ’n e-pos te stuur na covid19ters@labour.gov.za. Hulle sal dan ’n outomatiese antwoord kry met al die stappe en besonderhede, insluitend die vereistes om vir die voordele te kwalifiseer.

Die departement het gewaarsku daar sal geen fisieke eise by sy kantore aanvaar word tydens die inperking nie ten einde kontak tussen mense te vermy.

Teboho Maruping, kommissaris van die WVF, het belowe die WVF is gereed om werkers en werkgewers by te staan.

   

Bel dié nommer

   

Daar is ook ’n inbelnommer wat mense kan skakel vir meer inligting oor die proses: 012 337 1997

Werkers en hul werkgewers is ook aangemoedig om die departement se webblad by www.labour.gov.za of die Twitter-kanale @DeptofLabour en @UIFbenefits te raadpleeg vir nuwe nuus.

   

Die administratiewe rompslomp-gedeelte:

   

EISPROSES WAAR FIRMA VIR ’N TYDPERK SLUIT OF WERKURE VERMINDER:

Die voordele wat betaalbaar is, is die verskil tussen wat die werkgewer tans kan bekostig om werknemers te betaal, en die normale werkloosheidsvoordele wat werkers sou kon eis as hulle hul werk sou verloor.

Die nodige vorms en dokumente:

  • UI19 en UI2.7 (wat werkgewer moet voltooi)
  • UI 2.1 b
  • UI 2.8 (wat die bank moet voltooi)
  • ’n Brief van die werkgewer wat bevestig sy werkure is verminder weens die koronavirus.
  • Kopie van werker se identiteitsdokument

EISPROSES WAAR WERKER VIR 14 DAE ONDER KWARANTYN IS:

  • Die proses vir siektevoordele sal geld.
  • ’n Brief is nodig waarin die werkgewer en werknemer saam bevestig dat hulle ooreengekom het op “spesiale verlof” van 14 dae. Dié brief moet die aansoek vergesel en is in die plek van ’n doktersertifikaat wat gewoonlik vereis sou word as die kwarantyn in opdrag van ’n dokter was.
  • As die werker langer as 14 dae onder kwarantyn is, word ’n doktersertifikaat vereis tesame met vorm UI3.

Ander vorms benodig:

  • UI19 en UI2.7 (werkgewer moet dit voltooi)
  • UI2.2 (’n dokter moet ’n deel daarvan voltooi)
  • UI 2.8 (bankvorm wat bank moet voltooi)
  • Kopie van werker se identiteitsdokument

STERFTEVOORDELE:

Voordele word betaal aan die begunstigdes van die werker wat gesterf het. Mense wat kan aansoek doen, is in die volgorde van eggenoot, lewensmaat, kinders, en benoemde persone.

Vorms benodig:

  • UI19 en UI53 (werkgewer moet dit voltooi)
  • UI2.5 of UI2.6
  • Sterftesertifikaat
  • Identiteitsdokumente van oorledene en aansoeker
  • UI 2.8 (bank moet dit voltooi)

DIE INDIEN VAN AANSOEKE:

  • Eise vir siektevoordele kan aanlyn by www.ufiling.co.za ingedien word.
  • Eise vir siektevoordele, verminderde werktyd of sterftevoordele kan ook per e-pos of faks na die naaste WVF-verwerkingsentrum gestuur word.
  • ’n Lys met die e-posadresse en faksnommers van die sentra is beskikbaar in die gids op www.labour.gov.za.
  • Aansoekvorms kan ook van die webblad afgelaai word.
  • In elke provinsie is daar spanne van die WVF wat gekontak kan word om ’n werkgewer met meer as 50 werknemers met die verwerking van eise te help. Die lys is ook in die gids.
Meer oor:  Koronavirus  |  Werksplek  |  Wvf  |  Arbeidsake  |  Werkloosheidsversekeringsfonds  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.