Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
WVF: Gauteng kry helfte van Covid-19-Ters-eise

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het reeds meer as R34 miljard aan Covid19Ters-eise uitbetaal.

Die WVF het reeds meer as R34 miljard aan Suid-Afrikaners as deel van die Covid-19- tydelike verligtingskema betaal, net minder as die helfte daarvan in Gauteng. Foto: Pixabay

R16,5 miljard hiervan, oftewel net minder as die helfte van dié bedrag, is aan Gautengse werknemers betaal nadat 256 393 werkgewers hier eise ingedien het.

Daarteenoor is die minste eise van werkgewers in die Noord-Kaap ontvang. R342 miljoen is aan werknemers in dié provinsie betaal nadat 9 612 werkgewers eise ingedien het.

Betalings in ander provinsies is as volg:

  • Wes-Kaap: 124 479 werkgewers dien eise in. R5,7 miljard is betaal;
  • KwaZulu-Natal: 96 992 werkgewers dien eise in. R5,2 miljard is betaal;
  • Oos-Kaap: 42 573 werkgewers dien eise in. R5,2 miljard is betaal;
  • Mpumalanga: 35 549 werkgewers dien eise in. R1,8 miljard betaal;
  • Vrystaat: 33 120 werkgewers dien eise in. R1,1 miljard is betaal;
  • Limpopo: 22 619 werkgewers dien eise in, net minder as R1 miljard is betaal; en
  • Noordwes: 21 140 werkgewers dien eise in. R960 miljoen is betaal.

Die WVF sê hy het ook net meer as R1 miljard betaal aan buitelanders wat in Suid-Afrika werk.

’n Totaal van 29 793 werkgewers het namens buitelanders eise ingedien.

Die WVF sê hy het tot dusver reeds R4,4 miljard betaal vir eise vir Junie.

Die Covid-19-Ters-skema is onlangs verleng. Werkgewers sal eise vir salarisse verskuldig tot op 15 Augustus kan indien. Dit is dieselfde datum as waartoe die Wet op Rampbestuur verleng is.

  

Agterstand

Luidens die syfers van die werkgewersorganisasie Neasa het 81% van werkgewers nog nie uitbetalings vir Junie ontvang nie.

Van die 19% wat wel vir dié maand betalings ontvang het, is 68% se eise ten volle betaal.

Neasa doen daaglikse ’n peiling om te bepaal hoeveel werkgewers wat aansoek gedoen het al uitbetalings ontvang het.

Luidens hul statistieke is daar ook steeds groot agterstande met betalings wat vir vorige maande geëis is.

14% van werkgewers wat voordele geëis het vir April, het teen 23 Julie nog geen uitbetaling van die WVF ontvang nie. Van die 86% wat wél vir dié maand betalings ontvang het, is net 62% se eise ten volle betaal.

Wanneer gekyk word na eise wat vir Mei se salarisse ingedien is, het die situasie verswak met 27% van werkgewers wat nog geen betaling ontvang het nie. Van die 73% wat wél vir dié maand betalings ontvang het, is net 58% se eise ten volle betaal.

Meer oor:  Neasa  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Ramptoestand  |  Koronavirus  |  Vlak 3  |  Wvf  |  Covid19ters  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.