Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
WVF help duisende huishulpe
Die WVF betaal ook huishulpe wat van die Covid-19-Ters-skema eis. Foto: Pixabay

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het reeds sowat R68 miljoen aan 17 244 huiswerkers betaal.

Dit volg nadat hy ’n beroep op mense gedoen het wat wel hul huiswerkers by dié fonds geregistreer het om namens hul werkers te eis.

Die WVF sê 12 457 werkgewers het toe aansoeke ingedien.

Die eise word as deel van die WVF se Covid-19-Ters-program betaal.

Die WVF sê in ’n verklaring dat dié betalings deel vorm van die bykans R16 miljard wat hy reeds as deel van dié program betaal het. Volgens hom is die geld aan meer as 3 miljoen mense betaal.

Die WVF sê dat hy ’n verdere R2,6 miljard aan 645 590 werkers kan betaal die oomblik wat hul werkgewers navrae oor hul aansoeke beantwoord.

Die WVF sê in die verklaring dié getal sluit nie die 31 521 werkers in wie se betalings goedgekeur is, maar wat nie gedoen kon word nie omdat bankbesonderhede vir hulle nie bevestig kon word nie.

Die WVF betaal werknemers direk en lig die werkgewer dan in van die betaling.

Aansoeke vir eise vir Mei is reeds volstoom aan die gang.

Die WVF wys daarop dat hy in Mei sover moontlik alle betalings direk aan werknemers wil maak om só te verseker die mense kry so gou as moontlik hul geld.

Meer oor:  Covid19ters  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.