Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
WVF se tegniese probleme kelder Junie-aansoeke

Nagenoeg 4,4 miljoen mense wat van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se tydelike verligtingskema afhanklik is te midde van die Covid-19-pandemie, gaan nou tot minstens volgende week vir hul Junie-uitbetaling moet wag.

wvf
Suid-Afrikaners wat nie in Junie kon werk nie, is nog nie deur die WVF vergoed nie. Foto: Unsplash

Stelselprobleme beteken die WVF kan nie op die oomblik die Junie-aansoeke aanvaar vir die Covid19Ters-uitbetalings nie.

Die WVF gee egter in ’n verklaring die versekering dat die agterstallige Covid19Ters-eise vir April, Mei en Junie wel uitbetaal sal word.

Die Covid19Ters geld net vir dié drie maande, selfs vir bedrywe wat steeds nie hul deure kon heropen nie, soos baie verblyf- en vermaakliksheidsplekke en gimnasiums.

Teboho Maruping, WVF-kommissaris, sê in ’n verklaring eise wat nog vir die drie maande ingedien word, sal uitbetaal word totdat ’n afsnydatum vir indiening aangekondig word.

Eise vir Junie het op 23 Junie geopen, maar moes weer toemaak nadat tegniese probleme met gebruikers se profiele opgeduik het. Maruping verseker dat mense se persoonlike inligting veilig is.

Die WVF het eksterne hulp ingeroep, maar wil nie aansoeke heropen voordat die stelsel heeltemal stabiel is nie.

In Mei het ’n optieseveselkabel gebreek wat die WVF se stelsels lamgelê het.

“Ek vra om verskoning aan werkgewers en werknemers vir verdere vertragings, maar ons werk ononderbroke om die probleem op te los. Ons verwag dat ons toetse teen Vrydag sal afhandel sodat ons die stelsel weer oor die naweek kan heropen as alles volgens plan verloop.”

Benewens tegniese foute, duur administratiewe probleme met die Covid19Ters nou al sedert die aanvang daarvan.

Volgens die werkgewersorganisasie Neasa se gereelde peiling is 19% van werkgewers se werknemers stééds nie vir April betaal nie, en uit dié wat betaal is, meen net 56% dat hulle ten volle betaal is. Vir Mei het 42% nog geen geld ontvang nie, en uit dié wat betaal is, meen net 52% hulle is ten volle betaal.

Die WVF sê hy het sedert 26 April reeds bykans R28 miljard as deel van dié skema aan werknemers betaal.

Die WVF sê daar is steeds 965 751 werkgewers wat nie die korrekte inligting vir werknemers verskaf het nie. Betalings ter waarde van R4,2 miljard kon dus nog nie gedoen word nie.

Werkgewers hou op hul beurt vol die probleem lê by die WVF self. Solidariteit dreig met ’n hofsaak oor die probleme.

Bedrog en korrupsie blyk ook ’n enorme probleem te wees. Die WVF het 75 gevalle van moontlike korrupsie met die uitbetaling van die Covid19Ters-geld opgespoor, het Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, verlede week gesê.

In een voorval is R5,7 miljoen op 14 Mei in een persoon se bankrekening inbetaal wat dit baie vinnig begin uitdeel het na nagenoeg 28 bankrekeninge voordat die fout opgespoor is.

Net R3,3 miljoen van die geld kon intussen teruggevind word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.