Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Geldsake
Zero kans dat Bank Zero vanjaar open
Michael Jordaan, oudhoof van FNB, is die voorsitter en medestigter van Bank Zero. Foto: Verskaf

Suid-Afrika se “eerste digitale bank” gaan nou helaas eers aanstaande jaar sy virtuele deure open.

Bank Zero, aanvanklik die voorloper wat digitale bankdienste betref, gaan nou laaste oor die wenstreep wees noudat sy grootste digitale mededingers, TymeBank en Discovery Bank, reeds op dreef is.

Yatin Narsai, medehoof van Bank Zero, het aan Netwerk24 bevestig dat die bank sy planne laat vaar het om voor die einde van die jaar operasioneel te raak.

Narsai het die bank saam met dr. Michael Jordaan, oudhoof van FNB, gestig.

Die eerste aankondiging daaroor is vroeg in 2018 gedoen.

Bank Zero het destyds aangedui hy beplan om sy virtuele deure voor die einde van daardie jaar te open.

Bykans ’n jaar later is daar nog geen sekerheid oor wanneer Bank Zero wel in bedryf gaan wees nie.

TymeBank het in Februarie vanjaar begin sake doen en het reeds meer as 600 000 kliënte. Dié bank is ook volkome digitaal en beskik oor geen fisieke takke nie.

Discovery se bank is ook net digitaal en het reeds begin om op klein skaal kliënte te aanvaar. Die bank se dienste sal gaandeweg aan meer Suid-Afrikaners beskikbaar gestel word, het Discovery aangedui.

Die koms van Bank Zero is gesien as ’n revolusionêre konsep in die Suid-Afrikaanse bankbedryf.

In ’n onderhoud met Netwerk24 kort ná die bekendstelling van Bank Zero, het Jordaan verduidelik die konsep van takke was belangrik “in die verlede toe moderne tegnologie nog nie bestaan het waarmee banke met kliënte kon kommunikeer nie”.

Volgens Jordaan is dit danksy moderne tegnologie soveel makliker en goedkoper om bankdienste te bied.

Die rede vir die jongste uitstel van Bank Zero se opening is onbekend.

Narsai sê egter die bank maak goeie vordering in sy voorbereiding en dat hy vir eers nie “dinge wil kompliseer” deur ’n sagte bekendstelling van die produk te doen nie.

“Ons leer tans baie van ons interne toetse,” sê hy.

Volgens Narsai bly Bank Zero optimisties oor die haalbaarheid van die bank en die waardeaanbod wat dit bied.

“Ons kan nie wag dat die mark dit kan ervaar nie.”

Bank Zero het reeds ’n voorlopige banklisensie van die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontvang.

Meer oor:  Tymebank  |  Bank Zero  |  Discovery  |  Bank  |  Bankbedryf  |  Digitale Bankdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.