Die polisie ondersoek die moontlike vergifting van voëls in Durbanville nadat 22 voëlkarkasse en vyf lewende, maar kritiek siek volwasse poue Dinsdag hier gevind is.
’n Vissersboot, ’n stil hawedorp en miljoene rande se dwelms. Dit was Maandagaand die rolspelers toe die polisie op die Saldanha-hawe aan die Weskus toegeslaan en op ’n dwelmvonds van meer as R500 miljoen se kokaïen beslag gelê het.
Drie mans is in aanhouding nadat polisie die afgelope naweek beslag gelê het op ’n 9 mm pistool, tuisgemaakte pistool en windbuks tydens ’n operasie teen die bekamping van onwettige vuurwapens in die KwaNdengezi-omgewing in die weste van Durban.
Die Wêreldbeker-rugbytoernooi vir vroue wat gereël is later vanjaar in Nieu-Seeland gaan straks weens die onsekerheid rondom die Covid-19-pandemie uitgestel word.
Dinge kan dalk later vanjaar by die WPRU se jaarvergadering verander. Dit kan ’n waterskeiding vir die Kaapse unie wees.
Sy pa se wakende oog vanuit die hemel is een van die groot redes waarom hy Sondag ’n emosionele toernooisege op die Amerikaanse PGA-reeks behaal het.
Die SAUK wil wegdoen met die “uitgediende konsep” van TV-lisensies en eerder ’n soort belasting op alle huishoudings hef ongeag of hulle ’n TV het of nie.
Restaurante het ’n hofbevel bekom wat hulle tydelik daarvan vryspreek om onderworpe te wees aan ’n nuwe sentrale nasionale bedingingsraad wat streng nuwe loonooreenkomste op restaurante afdwing.
’n Nuwe laag verf laat jou sommer beter voel. Dis wat Cashbuild-klante ook gedink het want die groep het in een week voor Kersfees byna 1 miljoen liter verf verkoop.
Tydens die ampstermyn van pres. Richard Nixon het wantroue tussen die Withuis en die perskorps so ’n laagtepunt bereik dat die term “geloofwaardigheidsgaping” ontstaan het.
Politieke partye kan nou weer saamtrekke hou ná die aankondiging dat inperkingsmaatreëls verslap word.
Die afgelope begroting het groot belangstelling gewek met uiteenlopende reaksies. Dit is verstaanbaar. Ons toekoms is op die spel en mense voel dit aan.
’n Hele paar bekende gesigte maak binnekort weer hul verskyning in die gewilde kykNET-sepie Suidooster.
Die verfilming van die fliek The Madonna of Excelsior, wat vroeg in Februarie te midde van groot opwinding oor die ekonomiese inspuiting vir dié Vrystaatse dorp begin het, is skielik uitgestel.
Die operasangeres Sibongile Mngoma het Maandag ’n sitstaking in die Nasionale Kunsteraad (NAC) se kantore in Newtown, Johannesburg, gehou om haar stem oor die uitbetaling van noodfinansiering dik te maak.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
155 leerlinge van ’n afgeleë nedersetting in Noordwes hoef nie nou meer elke dag tot 5 km skool toe te stap nie.
’n Ouma van Pretoria hekel ’n hond uit ’n bos aan babakombersies vir ’n goeie doel – en dít te midde van swak sig, artritis en kanker.
Groot Constantia, Suid-Afrika se oudste wynproduserende landgoed, het aangekondig dat hy sy Vintage Vault gaan oopmaak en beperkte hoeveelhede van die skaarsste en beste wyne in die land beskikbaar gaan maak om gekoop te word.
Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
Allesbehalwe 'n "cheap date"!
‘n Eenvoudige celebrity-belofte maak skuld...
As groot byeenkomste oor Paasfees nie beperk gaan word nie, gaan dit ’n derde vlaag van Covid-19-infeksies meebring wat soortgelyke sterftes tot gevolg gaan hê as met die tweede vlaag.
Die Discovery Health Mediese Skema het nagenoeg 100 000 minder begunstigdes as ’n jaar gelede.
Vir eers wil die groot vervaardigers van entstowwe hul produk net aan regerings verkoop, maar Discovery belowe as iets verander, sal hy self entstowwe koop.
Die prentjie begin duideliker word oor hoe die staat beoog om Covid-19-entstowwe te finansier.
Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.