Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
1ste mediese fonds hou by 3,9%-styging in premies

Die eerste mediese fonds het Maandag ’n premieverhoging aangekondig wat in pas met die Raad op Mediese Skemas (RMS) se aanbeveling van 3,9% of minder is.

Die Momentum Mediese Fonds het einde Desember bykans 300 000 lede en afhanklikes gehad. Die totale bydraes tot die mediese fonds, ingesluit vir spaarrekeninge, het R5,1 miljard beloop.

Die Momentum Mediese Fonds, wat ’n oop mediese skema is, het ’n gemiddelde verhoging van 3,9% aangekondig.

Die Momentum Mediese Fonds het einde Desember bykans 300 000 lede en afhanklikes gehad.

Die totale bydraes tot die mediese fonds, ingesluit vir spaarrekeninge, het R5,1 miljard beloop.

LEES OOK: Bestmed se premies verhoog sowat 4%

Damian McHugh, hoof van Momentum Health se bemarking en verkope, het in ’n webuitsending oor die mediese fonds se verhogings en veranderinge aan voordele vir 2021 gesê dit is moontlik omdat die mediese fonds ’n gesonde ouderdomsprofiel het en finansieel sterk is.

Hy het gesê die besluit oor die premieverhoging is geneem om die verbruiker in die moeilike ekonomiese toestande te help.

Dit is bekend dat min mense in Suid-Afrika mediese fondse kan bekostig en premies styg elke jaar met baie meer as gewone inflasie.

McHugh het ook getoon hoe die eise in die tyd van die inperking in vergelyking met 2019 erg gedaal het. ’n Grafiek wat hy gewys het, toon eise het weer stelselmatig begin toeneem namate die inperking gelig is, maar dit is nog ver onder dié in 2019.

’n Skermgreep van die webuitsending waarin Damian McHugh van Momentum Health getoon het hoe die eise vir hospitale nog ver onder 2019 se vlak is. Foto:

Ander mediese fondse het dit ook reeds aangemeld en omdat hulle laer eise het as waarvoor begroot is, beteken dit die meeste gaan waarskynlik surplusse vanjaar toon.

’n Surplus is wat oorbly van bydraes nadat eise en ander koste betaal is.

Momentum

Hy verwag egter die verhouding van eise tot bydraes gaan vir alle mediese fondse vanjaar beter as die vorige jaar wees.

McHugh het gesê mediese fondse moet egter versigtig dink oor wanneer die eise weer gaan inhaal en of dit vanjaar of vroeg in volgende jaar gaan wees, en wat die premieverhoging moet wees om daarvoor voorsiening te maak.

Baie belangrike ondersoeke wat lede moet doen vir kankers en ander chroniese siektes soos mammogramme, prostaat- en cholesterol- en glukosetoetse het tydens die inperking drasties gedaal.

Momentum

“Baie Suid-Afrikaners het opgehou om die toetse te laat doen en dit is met dié toetse dat ’n siekte vroeg bepaal word.”Hy het gesê dit kan ook veroorsaak dat die siektes later eers opgetel word wanneer dit reeds in ’n gevorderde stadium is en dit duurder is om te behandel.

Volgens McHugh gaan die gemiddelde ouderdom van ’n mediese fonds ’n impak hê op wat die koste van die toetse en behandeling vir Covid-19 gaan hê.

Hul inligting toon dit is duurder om ouer mense vir Covid-19 te behandel.

Ten opsigte van voordele het Momentum gesê voordele word onveranderd gehou omdat dit meer sekerheid vir lede en vir adviseurs gee wat nog probleme het om by lede uit te kom.

Die reeks opsies bly ook dieselfde asook die verskaffers wat gebruik moet word.

Die perke en bybetalings op voordele wat met 4% tot 4,5% styg, is in ooreenstemming met inflasie, sê hy.

Momentum

Ten opsigte van die mediesefondsopsie Ingwe, die goedkoopste van sy opsies en waarvoor premies bepaal word op grond van inkomstekerwe, is die inkomstekerwe verhoog. Dit beteken dat die premiestygings vir mense op dié opsie kleiner gaan wees, sê hy.

Die mediese fonds se solvensieverhouding het verlede jaar 25,9% beloop. Die solvensieverhouding is die wetlike verpligte reserwes van die totale jaarlikse bydraes wat opsygesit moet word. Dit moet 25% beloop.

McHugh het gesê verbruikers moenie net na die premieverhogings kyk nie, maar na die gemiddelde bydrae tot die versekeringspoel (uitgesluit bydraes tot spaarrekeninge) en wat die verhoging per maand in rand is wat die verhoging meebring.

Hy het getoon op die gemiddelde premie per lid per maand van R2 596 is dit ’n styging van R103 per maand.

Meer oor:  Momentum  |  Premies  |  Mediese Fonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.