Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
1ste openbare verhore oor NGV begin hier
ngv, mediese fonds,
Daar is nog heelwat vrae oor waar die staat die geld vir sy nasionale gesondheidsversekering gaan kry. Foto: Unsplash

Die eerste openbare verhore oor die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) begin volgende week.

Die parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid het in ’n verklaring gesê die eerste openbare verhore vind van 25 tot 28 Oktober in Mpumalanga plaas. Die byeenkomste word van Vrydag tot Maandag op Tonga, Bosbokrand, Kwaggafontein en Secunda gehou.

Die week van 1 tot 4 November vind dit in die Noord-Kaap op Kimberley, De Aar, Upington en Springbok plaas.

Die program vir die openbare verhore wat aandui waar dit gehou word en die tyd kan hier gevind word.

Verhore gaan later ook in ander provinsies gehou word, maar datums is nog nie aangekondig nie.

LEES OOK: NGV: 7 dinge wat jy moet weet

Die komitee het reeds begin September vir openbare voorleggings gevra en die sluitingsdatum daarvoor is 29 November.

’n Mediakonferensie word ook vir volgende week beoog oor die proses van openbare verhore. Meer inligting oor die openbare kommentaar en waarheen die inligting gestuur moet word, kyk na die video wat die komitee gemaak het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.