Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Apteke by Netcare toe vir publiek

Netcare se apteke in sy hospitale is nie langer oop vir die publiek nie.

Dit is deel van die hospitaalgroep se poging om die risiko vir die oordrag van die koronavirus te beperk.

“Dit sal help om die hoeveelheid mense in hospitale te verminder en om die gevaar van oordrag aan personeel, asook pasiënte te verminder,” sê Jacques du Plessis, besturende direkteur van Netcare se hospitaalafdeling.

Die apteke sal steeds dienste aan die hospitale verskaf.

Alternatiewe reëlings is getref vir lede van die publiek wat hul chroniese medisyne by die Netcare-apteke kry.

Mense wat maandeliks hul chroniese medikasie daar kry, moet die apteke kontak om dit op aangewese punte buite die hospitaal te kry.

As alternatief kan die aptekers ’n ander apteek van die persoon se keuse kontak en reëlings tref dat die voorskrifmedisyne daar verskaf word.

Mense wat ontslaan word uit hospitale, sal steeds met hul ontslag hul voorgeskrewe medikasie by die apteke kan kry.

Voorskrifte vir mense wat deur nooddienste in die hospitale behandel is, sal ook verskaf kan word.

Meer oor:  Netcare  |  Covid-19  |  Apteek  |  Hospitaal  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.