Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Base by mediese waghond aan oudits onderwerp

Alle hoofbestuurslede van die Raad op Mediese Skemas (RMS) gaan dadelik aan leefstyl-oudits onderwerp word, sê dr. Sipho Kabane, registrateur en uitvoerende hoof.

Dr. Sipho Kabane, hoof van die Raad op Mediese Skemas.

Dit kom nadat vyf topbestuurslede geskors is weens bewerings oor ongerymdhede.

Twee van diegene wat geskors is, was jarelange hoofbestuurslede. Die ander drie is senior bestuur.

Dié skoknuus kom oor die RMS wat veronderstel is om toesig te hou oor ’n bedryf waar verbruikers R180 miljard per jaar aan premies opdok.

Die skorsings volg nadat anonieme wenke ontvang is oor beweerde ongerymdhede, waaronder korrupsie en onetiese gedrag.

Van die aantygings spruit uit die tydperk voordat die nuwe registrateur, Kabane, aangestel is. Hy is in 2017 as waarnemende registrateur aangestel en vroeër vanjaar permanent.

Die bewerings sluit in:

  • Mediese fondse wat onreëlmatig onder kuratele geplaas is;
  • Die onreëlmatige aanstelling van diensverskaffers;
  • Onreëlmatige besteding by diensverskaffers met wie die personeellede ’n hegte verhouding het;
  • Personeellede wie se lewenstyl nie in ooreenstemming met hul salaris is nie;
  • ’n Noue en korrupte verhouding met entiteite wat deur die RMS gereguleer word; en
  • Samespanning met die aanstelling van diensverskaffers.

Die skorsings volg nadat Stephen Mmatli vroeg vanjaar as hoofbestuurder van nakoming en ondersoeke by die RMS geskors is. Dit blyk nou uit die verklaring van die RMS dat Mmatli bedank het voordat sy tugverhoor gehou kon word.

LEES OOK: Amptenaar geskors wat mediese fondse ondersoek.

Netwerk24 het in 2018 berig die RMS het in die parlement gesê verskeie ondersoeke word in die bedryf gedoen, insluitende by Discovery en die Government Employees Medical Scheme (Gems).

LEES OOK: Discovery, Gems ‘vir ongerymdhede ondersoek’

Mmatli het daarna op ’n mediakonferensie meer oor die ondersoeke uitgewei.

LEES OOK: Hieroor gaan ondersoek na Gems, Discovery

Kort daarna het een van die mediese fondse wat genoem is, naamlik Resolution, sy uitvoerende hoof geskors.

LEES OOK: Siekefonds se hoof geskors hangende ondersoek

Op 8 Februarie vanjaar het die RMS aangekondig Mmatli word geskors.

Daarna het dit aan die lig gekom dat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ook wenke oor wanpraktyke en wanbestuur by die RMS ontvang het.

LEES OOK: Ondersoek kom dalk oor héle mediese raad

Intussen het daar ook in Februarie vrae by ’n bedryfsliggaam ontstaan oor hoe Discovery die groenlig by die RMS gekry het vir sy mediese polisse.

LEES OOK: Vrae oor Discovery groenlig kry vir mediese polisse

Bonitas het ook teen einde Februarie begin vrae vra oor hoekom hy ’n halfmiljoenrand moes opdok vir ’n ondersoek wat die RMS gedoen het wat nog nie afgehandel is nie.

LEES OOK: Bonitas: Vrae hang oor stand van ondersoek

Teen middel Julie het die SOE deur presidensiële proklamasie amptelik opdrag gekry om met ’n ondersoek na die wanpraktyke by die RMS te begin.

LEES OOK: Ondersoek na mediese skemas se waghond begin

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.