Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Beheerraad vir medisyne word óók ondersoek
Die ou Medisynebeheerraad is in Februarie verlede jaar deur die nuwe Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (RGP) vervang.

Nog ’n ondersoek gaan deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) by ’n reguleerder in die gesondheidsektor uitgevoer word – dié keer by die nuwe Medisynebeheerraad.

Die ou Medisynebeheerraad is in Februarie verlede jaar deur die nuwe Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (RGP) vervang.

Die RGP het verlede week die portefeuljekomitee oor gesondheid in die parlement verwittig oor inligting wat van ’n fluitjieblaser ontvang is en van die ondersoek wat die SOE gaan doen.

Die presidensiële proklamasie waarin die opdrag vir die ondersoek vervat is, is op 18 Oktober in die Staatskoerant gepubliseer.

Dit is die sesde proklamasie vir ondersoek in die gesondheidsektor wat in 2019 uitgereik is.

LEES OOK: Ondersoek na mediese skemas se waghond begin

Die RGP het die naweek in ’n verklaring gesê hy het in Februarie vanjaar aantygings van bedrog ontvang wat ’n “klein gedeelte van die owerheid en ’n eksterne belanghebbende betrek”.

Die aantygings is deur die waarnemende uitvoerende hoof, die direksie en die minister aan die SOE aangemeld.

“Daarom word die proklamasie van pres. Cyril Ramaphosa verwelkom wat die SOE opdrag gee om die sake te ondersoek.”

Die doel van die RGP is om ’n wêreldklas-reguleringsowerheid te skep, volgens prof. Helen Rees, voorsitter van die direksie. “Die kern van die RGP se sukses is etiese gedrag en goeie korporatiewe beheer.”

Die RGP moet verseker alle gesondheidsprodukte in Suid-Afrika is veilig, doeltreffend en van goeie gehalte.

In die proklamasie is gesê die SOE moet:

  • beweerde ernstige wanadministrasie ten opsigte van die sake van die owerheid ondersoek;
  • beweerde onbehoorlike of onwettige gedrag ondersoek;
  • ondersoek of enige korrupsie plaasgevind het; en
  • of die onwettige en onbehoorlike gedrag ernstige skade aan die publiek se belange aangerig het.

Portia Nkambule, waarnemende uitvoerende hoof, sê die RGP is in die proses om regulatoriese stelsels weer op te bou om doeltreffendheid, deursigtigheid en aanspreeklikheid te verbeter. “Dit sluit in om geskikte kommunikasiekanale te skep vir klagte wat insluit onetiese en misdadige gedrag.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.