Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
‘Beste’ mediese skema wen met eenvoud, waarde
'n Advertensie van Medihelp op Twitter.

Medihelp is nou die mediese skema waarmee lede die meeste tevrede is.

Lede van mediese skemas is egter in die geheel beskou effens minder tevrede met hul produk as ’n jaar gelede.

Die tevredenheid van lede van Discovery Health Medical Scheme en van Bonitas het albei gedaal.

Dis onder die bevindings van die South African Customer Satisfaction Index (SAcsi) vir mediese skemas vir 2018, wat Donderdag uitgereik is.

Daarvolgens het die gemiddelde punt vir mediese skemas van 74,2 in 2017 tot 72,7 in 2018 gedaal. Dis uit ’n moontlike 100 punte.

Die grootste rede vir die daling is Suid-Afrikaners se “toenemende frustrasie met stygende premies en dalende voordele”. Hulle voel dat hulle minder waarde vir hul geld kry vergeleke met ander finansiële dienste, sê Schreuder.

Mediese skemas se premies het vanjaar met gemiddeld 9% gestyg, baie meer as waarmee kort- en langtermynversekering se premies gestyg het.

Oor Discovery, die grootste oop mediese skema, sê Schreuder dit lyk asof die moedermaatskappy se fokus na van sy ander produkte verskuif het – onder meer die verwagte bekendstelling van Discovery Bank en sy kort- en langtermynversekering. “Dit het sy mededingers in staat gestel om die speelveld gelyker te maak in die suite van mediese produkte deur eenvoudiger, tradisionele mediese versekering te bied wat goedkoper en makliker is om te verstaan.”

Schreuder sê Medihelp se sukses kan daaraan toegeskryf word dat hy ’n “nisgehoor het en presies bied wat lede wil hê en verstaan”.

Die peiling meet verbruikers se algehele tevredenheid met hul mediese skema, of daar aan hul verwagtinge voldoen word, of hulle voel hulle kry gehalte en of hulle voel hulle kry waarde vir hul geld.

Net lede van bogenoemde vyf mediese skemas is gepeil (die skemas betaal vir die diens, maar die peiling word onafhanklik gedoen).

Die algehele SAcsi-indeks lyk as volg:

1. Medihelp: Styg van 72,6 tot 75,1 punte (+2,5)

2. Discovery Health Medical Scheme: Daal van 74,8 tot 73,1 punte (-1,7)

3. Bonitas: Daal van 73,1 tot 70,2 punte (-2,9)

4. Momentum Health: Bly onveranderd op 72 punte

5. Gems: Styg van 64,3 tot 68,8 punte (+4,5)

Prof. Adré Schreuder, uitvoerende hoof van Consulta, wat die SAcsi-peilings doen, sê die broodnodige verbetering in kliënte se ervaring by Gems kan dalk as regverdiging vir die inwerkingstelling van Nasionale Gesondheidsversekering dien. Gems, as geslote mediese fonds vir staatsamptenare, kan straks die grondslag van dié omvattende projek vorm.

Schreuder maan egter dat “beduidende verbeterings” by Gems nodig is voordat dit bewys dat die staat die NGV-skema op lang termyn volhoubaar sal kan bestuur.

Schreuder meen as mediese skemas relevant wil bly in die lig van NGV, sal hulle die waarde wat hulle aan kliënte bied, moet evalueer. Dit sluit in gehalte, bekostigbaarheid, deursigtigheid en gemak.

Waargenome waarde

Die bedryfsgemiddeld vir dié onderafdeling van die peiling is 69,4 punte. Dit meet of mense dink hulle kry waarde vir hul geld.

Schreuder sê met meer as 270 opsies om uit te kies, raak mense verward. “Baie voel gefrustreerd wanneer hul eise nie gedek word nie en die algemene kliënte-ervaring van mediese skemas is een waar voordele beperk word en premies styg.”

1. Medihelp en Momentum Health: Medihelp se punt het van 70,9 tot 73,6 gestyg (+2,7) en Momentum s’n van 70,5 tot 72,3 (+1,8).

2. Discovery Health Medical Scheme: Daal van 72 tot 69 (-3).

3. Bonitas: Daal van 70,7 to 68,3 (-2,4).

4. Gems: Styg van 63,6 tot 67,5 punte (+3,9).

Meer oor:  Discovery Health  |  Gems  |  Mediese Fondse  |  Nvg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1121,56 (1291)
  • Top 40 45851,17 (-7786)
  • All Share 52096,04 (-5000)
  • Resource 10 39712,73 (24243)
  • Financial and Industrial 30 68788,28 (-23394)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.