Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
‘Blameer BTW vir hoër mediese premies’

Die verhoging in die BTW-koers en die onbeheerde uitbreiding van hospitale moet die skuld kry dat Discovery Health Medical Scheme (DHMS) Donderdag hoër premieverhogings vir 2019 aangekondig het as wat hy vir vanjaar gevra het.

Dr. Jonathan Broomberg, uitvoerende hoof van Discovery Health. Foto: Leánne Stander

Ná verlede jaar se blaaskans van vorige jare se skerp verhogings in premies, moet lede van mediese fondse hulle vanjaar staal, te oordeel na DHMS se verhoging.

Ander mediese fondse sal ook oor die volgende paar weke hul verhogings vir volgende jaar bekend maak.

DHMS is die grootste mediese fonds in die land met 2,7 miljoen hooflede en afhanklikes.

Hy het ’n geweegde gemiddelde verhoging van 9,2% vir 2019 aangekondig teenoor 7,9% vir 2018. Geweegde gemiddelde verwys na die gemiddelde prysstygings van al die opsies, met inagneming van hoeveel lede elke opsie het.

Die grootste styging is 9,9% vir die Coastal-, Comprehensive- en Executive-opsies en die kleinste styging is 6,9% vir Keycare.

Volgens dr. Jonathan Broomberg, uitvoerende hoof van Discovery Health, die administrateur van die mediese fondse, is die grootste bydraer tot dié verhogings die persentasiepunt-styging in die BTW-koers in April vanjaar. Hy sê die verwagting is dat alle mediese fondse dit in berekening sal bring in hul premieverhogings.

Die onverwagse BTW-verhoging het ’n impak van R350 miljoen op DHMS gehad, waarvoor nie begroot is nie. Mediese fondse hef nie BTW op hul lede se premies nie, maar dié belasting word op elke eis gehef.

Broomberg sê DHMS se eise het tot dusver vanjaar met meer as verlede jaar gestyg, en dit word ook in 2019 se premieverhoging weerspieël. Hy skryf die skerper styging in eise aan ’n toename in hospitaalopnames toe.

Dit is een van die redes hoekom die Coastal-plan se premie met 9,9% styg. Eise op hierdie opsie het vinniger gestyg as dié van ander opsies.

“Die hoofrede hiervoor is dat te veel nuwe hospitale in sommige dele van die kusstreke gebou word.” Dit geld veral vir KwaZulu-Natal.

As ’n dokter sê hy wil ’n persoon opneem, is dit uiters moeilik om nee te sê. Ons het protokolle en wys opnames af, maar ons kan net so ver gaan.
Dr. Jonathan Broomberg van Discovery Health

Die afgelope twee jaar is meer as 2 000 hospitaalbeddens tot Suid-Afrika toegevoeg – dieselfde getal as in die voorafgaande tien jaar.

Broomberg meen die hele hospitaallisensiëringstelsel “is buite beheer” en dat lisensies te maklik uitgedeel word.

Medies fondse “kan net soveel doen” om opnames te beheer. “As ’n dokter sê hy wil ’n persoon opneem, is dit uiters moeilik om nee te sê. Ons het protokolle en wys opnames af, maar ons kan net so ver gaan.”

Die Raad op Mediese Skema (RMS) se riglyn vir premieverhogings vir 2019 is 8,7%.

Volgens Broomberg het die RMS nie die BTW-verhoging in sy riglyn in ag geneem nie.

“Uiteindelik moet trustees premies vasstel wat eise kan betaal sonder dat die reserwes weggevreet word.”

Sonder die BTW-verhoging sou DHMS se verhoging wel in ooreenstemming met die riglyn gewees het, sê hy.

Voordele is hoofsaaklik vir die Executive- en Comprehensive-plan verbeter en behels verbeterings ten opsigte van kankerbehandeling.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1302,24 (360)
  • Top 40 45528,86 (-11014)
  • All Share 51560,47 (-18368)
  • Resource 10 39755,88 (17194)
  • Financial and Industrial 30 68121,71 (-29534)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.