Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Ondersoek vind groot hospitale oorheers mark

Die drie hospitaalgroepe Netcare, Mediclinic en Life oorheers dié bedryf en kry individueel en gesamentlik wesenlike winste elke jaar wat dit moeilik maak vir ander om mee te ding in die mark. 

Dit is een van die belangrike bevindinge van die finale verslag oor die jare lange ondersoek na die rede vir die hoë koste in die private gesondheidsmark wat Maandagoggend uitgereik is.

Ten minste 60% van die plaaslike markte na privaat hospitale is hoogs gekonsentreerd.

“Hierdie hospitaalgroepe maak dit baie moeilik vir nuwelinge en randspelers om te groei en op meriete mee te ding. Die drie groepe is in staat om mededinging skeef te trek en kompetisie te voorkom deur die beste mediese spesialiste met winsgewende aansporingsprogramme te lok, ” het oudregter Sandile Ngcobo, hoof van die ondersoekpaneel, gesê.

Die drie groepe se markaandeel ten opsigte van totale beddens in 2016 was: 31%, 26,8% en 25,3% onderskeidelik. Die konsentrasie van dié mark vind op nasionale vlak plaas en plaaslike vlak plaas.

Ten minste 60% van die plaaslike markte is hoogs gekonsentreerd. Op nasionale vlak is die konsentrasie hoër as wat as “hoogs gekonsentreerd” omskryf word, selfs teen konserwatiewe standaarde gemeet, volgens hom. 

Dit veroorsaak twee redes tot kommer:

1. Die markte is kwesbaar vir samespanning en die vorming van kartelle. Die samespanning is baie moeilik om op te spoor.

2. Die hoë vlakke van konsentrasie beperk die omvang van mediese fondse om netwerke te gebruik om die hospitaalgroepe “doeltreffend te dissiplineer”.

Die markondersoek het ook bevind dié drie hospitaalgroepe bepaal die jaarlikse prys en kosteverhogings met mediese fondse.

“Die hospitaalgroepe fasiliteer en trek voordeel uit die oordrewe benutting van gesondheidsdienste, sonder die behoefte om koste te beperk.”

Die markondersoek bevind mededinging het grootliks in dié mark misluk.

“Die mark is te hoogs gekonsentreerd – nasionaal sowel as plaaslik.”

Die bedingingsmag van mediese fondse moet drasties verbeter word.

“Die konsentrasie in die hospitaalmark moet verminder word," het hy gesê.

Van die aanbevelinge oor die hospitale is:

1. Regulatoriese toesig moet verbeter word. Die aanbodkant is grootliks ongereguleerd, met negatiewe gevolge vir mededinging en die verbruiker.

“Die regulasie van die aanbodkant van die mark is noodsaaklik en ons beveel aan dat dit deur ’n nuwe owerheid geadministreer word.”

2. ’n Belangrike verantwoordelikheid van die nuwe reguleerder sal wees om ’n nuwe stelsel te skep wat op die behoefte van die bevolking om lisensies toe te staan gegrond is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.