Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Cyril sê oor plan vir siek gesondheidsorg
Die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gaan binnekort in die parlement ter tafel gelê word. Foto: Pixabay

Die verslag met planne hoe om die gesondheidsektor reg te ruk, gaan Dinsdag deur pres. Cyril Ramaphosa in Kaapstad bekend gestel word.

Die verslag is ’n uitvloeisel van die presidensiële beraad oor gesondheid wat in Oktober gehou is.

Die beraad, onder leiding van adjunkpresident David Mabuza, is bygewoon deur belangegroepe van die staat, nieregeringsorganisasies, mediese fondse en gesondheidslui om te besin oor die probleme van die nasionale gesondheidstelsel en hoe dit opgelos moet word.

In ’n verklaring is gesê die doel van die beraad was om samewerking te bevorder en goeie gesondheidsdienste te lewer.

Ramaphosa gaan terugvoering gee oor die voorgestelde oplossings wat die nege kommissies van die beraad ontwikkel het om die doeltreffendheid van gesondheidsorg te verbeter.

Die president het Donderdag in sy staatsrede gesê ’n groot stap gaan vanjaar gedoen word om toegang tot gehalte-gesondheidsorg vir almal te bied.

Die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gaan binnekort in die parlement ter tafel gelê word.

“Die NGV gaan Suid-Afrikaners in staat stel om gratis dienste by ondersteuningspunte te kry in openbare en privaat gesondheidsgeriewe wat aan die vereistes van gehalte voldoen.”

Ramaphosa het gesê in ag genome die omvang van die uitdagings in die gesondheidsbedryf is ’n NGV-krygskamer in die presidensie geskep om kwessies van gehaltesorg te takel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2394,23 (1265)
  • Top 40 48646,95 (48858)
  • All Share 54386,3 (51178)
  • Resource 10 43269,02 (89464)
  • Financial and Industrial 30 73280,23 (45906)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.