Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Detail oor ondersoek na mediese ‘rassisme’ bekend

Die Raad op Mediese Skemas (RMS) het Dinsdag aangekondig adv. Tembeka Ngcukaitobi gaan die ondersoek lei na bewerings dat swart en Indiese dokters deur mediese fondse “geswartlys” word.

Dr. Sipho Kabane, registrateur van mediese fondse.

Discovery Health Medical Scheme en Medscheme is daarvan beskuldig is dat hulle eise van swart en Indiese dokters meer gereeld afkeur en dat dié dokters van bedrog beskuldig word.

Die twee mediese fondse het reeds voorheen die aantygings ontken. Hulle het gesê hul stelsels dui nie aan wat die ras is van die medici wat eis nie.

Lees ook: Ras het g’n rol in ondersoeke na artse – Discovery

Die RMS het nietemin middel Mei aangekondig hy gaan ’n vier maande lange ondersoek na die bewerings doen.

Dinsdag is die voorsitter van die ondersoekspan bekend gemaak, asook die sperdatums.

  • Belanghebbendes kan tot einde Junie geskrewe voorleggings doen.
  • Onderhoude en openbare sittings sal van Julie tot September gehou word.
  • Die ondersoekpaneel sal op 1 November sy finale verslag by die CMS indien.

’n Betreklik nuwe vereniging, die National Health Care Professionals Association (NHCPA), het die bewerings gedoen. Daar word onder meer beweer dat mediese fondse “versteekte kameras” in spreekkamers installeer.

Dr. Sipho Kabane, registrateur van die RMS, beskryf Ngcukaitobi in ’n verklaring as ’n gerespekteerde regspraktisyn. Hy was onder meer deel van die EFF-regspan wat betoog het dat die verslag oor staatskaping openbaar gemaak moet word. Hy het die boek The Land Is Ours: South Africa’s First Black Lawyers and the birth of Constitutionalism geskryf.

Hy word deur adv. Adila Hassim en adv. Kerry Williams bygestaan.

Die RMS is die liggaam wat mediese fondse reguleer en verseker hulle voldoen aan wetgewing.

Mediese fondse verloor jaarliks R22 miljard weens bedrog, vermorsing en misbruik, sê die RMS.

Meer oor:  Medscheme  |  Discovery  |  Tembeka Ngcukaitobi  |  Rassisme  |  Mediese Fondse  |  Rms  |  Raad Op Mediese Skemas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.