Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Dié artse neem jou maklik in hospitaal op

Interniste, uroloë, ortopediese chirurge, psigiaters en oftalmoloë is van die groot sondaars agter stygende hospitaalopnames en die verwante koste.

Interniste, uroloë, ortopediese chirurge, psigiaters en oftalmoloë is van die groot sondaars agter stygende hospitaalopnames en die verwante koste. Foto: iStock

Dit is volgens die Mededingingskommissie se voorlopige verslag oor die privategesondheidsektor.

Die koers van dag- én oornag-opnames het in die vyf jaar van 2010 tot 2014 albei met sowat 2% per jaar gestyg, sê die paneel wat die markondersoek gedoen het.

Volgens data het die koers waarteen interniste pasiënte vir dagprosedures laat opneem, in die tydperk met 7,34% per jaar gegroei, gevolg deur oftalmoloë (5,46%) en uroloë (3,61%).

Oornag-opnames deur interniste het met 5,93% per jaar toegeneem, deur uroloë met 3,92%, ortopediese chirurge met 3,30%, en psigiaters met 2,63% per jaar.

Die paneel sê die styging klop nie met die relatief stabiele bevolking van siekefondse nie.

“Dis moeilik om jou so ’n dramatiese toename in siektes voor te stel wat dié hoeveelheid opnames vereis,” lui die verslag.

Daar is ook bevind die gemiddelde eis per opname het van 2010 tot 2014 met gemiddeld 8,8% per jaar vir dagopnames, en met gemiddeld 8,42% per jaar vir oornag-opnames, gestyg.

Die paneel sê omdat nuwe tegnologie dokters in staat stel om meer prosedures in ’n dagkliniek te doen, sou ’n mens ’n afname in oornag-opnames kon verwag namate dagopnames styg, maar “dit is nie algemeen die geval in alle mediese dissiplines nie”.

Data en bewyse wat in openbare verhore tydens die markondersoek na vore gekom het, wys baie pasiënte word opgeneem sonder dat hulle ’n dokter in die voorafgaande twee weke besoek het.

Dit dui op ’n verlore geleentheid vir behandeling wat hospitalisasie kon vermy, maar dit lyk of dokters, en veral spesialiste, verkies om pa­siënte te laat opneem eerder as om hulle in hul spreekkamers te sien, sê die paneel.

Die verslag toon duidelik dat die hoër opnames en stygende koste vir die pasiënt én dit wat aan die praktisyn betaal word, goed is vir dokters en hospitale, maar nie vir siekefondse en hul lede nie.

Daar is bevind met hoër opnames, langer hospitaalverblyf en hoër vlakke van sorg, is daar dikwels stygings wat onverklaarbaar is nadat inflasie, beter tegnologie, ouderdom en die geslag van die bevolking in berekening gebring is.

Wat obstetrie betref, het die paneel bevind die meeste ginekologiese praktyke doen tussen 60% en 90% van bevallings met keisersneë.

Meer praktyke skuif oor die jare heen tot die 90%-kategorie.

Die verslag sê die optimale koers van keisersneë is moeilik om te bepaal en dit kan verskil, maar die vlakke in Suid-Afrika is ver bo die wêreldwye norm, wat blyk tussen 5% en 20% te wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1057,1 (1153)
  • Top 40 50272 (5224)
  • All Share 56445,57 (6428)
  • Resource 10 43624,93 (54914)
  • Financial and Industrial 30 74932,14 (-29412)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.