Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Dís hoekom mediese fondse moet verander ná NGV
Die daarstel van 'n nasionale gesondheidsdiens laat nog vele vrae.

Suid-Afrikaners gaan dubbeld betaal vir dieselfde dienste, het dr. Anban Pillay, adjunkdirekteur-generaal van die nasionale departement van gesondheid, gesê oor waarom mediese fondse net aanvullende voordele sal mag aanbied wanneer Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in werking tree.

Die jongste weergawe van die wetsontwerp oor NGV gaan glo binnekort deur die parlement vir openbare kommentaar uitgereik word.

Pillay het op ’n konferensie van die Raad van Gesondheidsfinansierders (BHF) bevestig dat die rol wat vir mediese skemas in die vooruitsig gestel is in die witskrif wat in 2017 uitgereik is, steeds dieselfde in die wetsontwerp is, naamlik dat mediese skemas net ’n aanvullende rol sal hê en vrywillig gaan bly.

Hy het gesê die wetsontwerp gaan net ’n raamwerk verskaf van hoe die NGV bedryf moet word. Die detail gaan in die regulasies kom. Die wetsontwerp bepaal onder meer hoe die gebruikers geregistreer word en hoe buitelanders behartig word.

Die wetsontwerp gaan nie die detail bevat oor wat die voordele en dienste gaan wees waarvoor daar betaal gaan word nie. Dit gaan net voorskryf hoe die proses werk om die voordele te bepaal.

Dit gaan dus nie inligting bevat oor watter voordele mediese fondse nié mag dek nie.

LEES OOK: Kabinet vra nuwe plan vir NGV se finansiering

“Die voordele gaan veranderlik wees. Die dienste wat die NGV in sy aanvanklike fase gaan dek, gaan beslis nie wees wat dit later gaan wees nie.

“Omdat die voordele so dinamies gaan wees, kan jy dit nie in ’n wetsontwerp insluit nie, want dan gaan dit probleme veroorsaak oor wat mediese skemas op kort- of lang termyn mag dek.

“Ons het voorgestel dat die registrateur van mediese skemas dit duidelik moet maak watter dienste gedek is deur die NGV en watter dienste nie, sodat daar duidelikheid is wat mediese skemas sal kan dek.”

Hy het gesê die voordele sal gereeld hersien word soos wat die NGV-fonds se voordele uitgebrei of verander word.

Hy het gesê die rede hoekom mediese fondse nie toegelaat sal kan word om dieselfde dienste te bied nie, is omdat Suid-Afrikaners dan twee keer vir dieselfde dienste sal betaal.

“Die siening daaroor is as jy ’n NGV-fonds het waartoe Suid-Afrikaners bydra, sal dit onvanpas wees van die staat om dit moontlik te maak dat Suid-Afrikaners ook dekking te koop wat soortgelyk is as waarvoor hul reeds bydra.

“Byvoorbeeld, as jy nou huisdokter gaan en die NGV betaal vir dieselfde diens, hoekom moet jy twee keer daarvoor betaal? Suid-Afrikaners moet verstaan hulle het reeds daarvoor betaal en is geregtig daarop.”

NGV gaan nie Eskom wees

Pillay het gesê die wetsontwerp maak voorsiening vir ’n openbare entiteit wat ingevolge die Wet op Openbare Finansiering as ’n skedule 3A-entiteit geklassifiseer is.

“Daar is berigte in die media dat dit ’n staatsonderneming gaan wees wat met Eskom of SAL vergelyk kan word.

“Dit is baie anders en is soortgelyk aan die Mediese Navorsingsraad, die Raad op Mediese Skemas en die Kantoor van Gesondheidstandaarde. Hulle het nie dieselfde finansiële buigsaamheid wat ons kollegas by Eskom en SAL het nie.”

Grondwetlik

Talle wysigings sal aan 12 wette aangebring moet word.

Dit sluit in ’n aantal wysigings wat nodig gaan wees aan die Nasionale Gesondheidswet:

  • Die rol van provinsies moet gewysig word;
  • Voorsiening moet gemaak word vir die skep van die kantore vir die bestuur van gesondheidsorg op distriksvlak; en
  • Die kontrakteringseenheid vir primêre gesondheidsorg moet geskep word, wat die belangrike sentrums is waardeur dienslewering op ’n distriksvlak of sub-distriksvlak gefasiliteer gaan word.

Grondwetlikheid

Of daar seker gemaak is die hersiene weergawe van die wetsontwerp voldoen aan die vereistes van die Grondwet, gegewe die omvang en aard van die wysigings, het hy gesê: “Voordat die wetsontwerp aan die kabinet voorgelê is, was een van die vrae wat aan ons gevra is dat die staat se regsadviseurs seker maak oor die grondwetlike kwessies. Die versekering daaroor is onafhanklik van die regsadviseurs gekry.”

Hy het gesê wanneer die wetsontwerp parlement toe gaan, moet hul regsadviseurs ook daaroor besluit. En voordat die president uiteindelik die wetsontwerp afteken, kry hy ook verskeie menings oor die grondwetlikheid daarvan.

Wysigings

Ander wetgewing wat wysiging benodig is aan dié wat die Vergoedingsfonds en die Padongelukkefonds beheer. Die rol wat hulle speel om vir die sorg te betaal van mense wat beseer is in die werkplek en op paaie sal na die fonds toe skuif. So ook korrektiewe dienste se verantwoordelikheid vir die behandeling van gevangenes.

Dit sluit in die Wysigingswetsontwerp op Mediese Skemas (wat in 2018 uitgereik is vir kommentaar).

Volgens hom is daar ’n paar veranderinge wat nodig gaan wees, maar daar gaan gewag word op die finale bevindinge van die markondersoek oor gesondheid (wat veronderstel is om einde September uitgereik te word).

“Wat ons nie wil doen nie, is om met die wysigingswetsontwerp voort te gaan terwyl die markondersoek ander aanbevelinge het en ons mis die geleentheid om dit gesamentlik te hanteer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.