Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Dis lonend om na jou gesondheid om te sien

Te veel spanning kan lei tot geestelike, emosionele en fisieke probleme, sê kenners.

’n Gesonder leefstyl, meer gereelde reise en vakansies kan help om spanning te verlig, maar dit is dikwels buite die bereik van die meeste mense se beursies.

Lojaliteitsprogramme soos Momentum se Multiply-program kan hiermee help. Johan Kleu, uitvoerende hoof van Multiply, sê dit is ’n goeie voorbeeld van ’n omvattende bestuursprogram vir ’n gesonder leefstyl.

Chroniese spanning inhibeer die liggaam se vermoë om infeksies af te weer, en mense is ook meer vatbaar vir beserings. Spanning tas jou geheue aan, lei tot swakker besluitneming en onderdruk ’n mens se kreatiwiteit.

Dr. Michael Mol, hoof van Hello Doctor, sê dis noodsaaklik om tyd te maak vir ontspanning.

“Mense wat spanning goed bestuur, hanteer alle aspekte van hul lewe beter. Nie net is hulle meer doelwit-gedrewe nie, maar hulle neem ook makliker besluite en is meer kreatief en innoverend.”

Mol meen om saam met minder gespanne kollegas te werk, dra ook by tot beter spanwerk, dit skep ’n ontspanne omgewing en verhoog innovering.

Oefening is een van die beste maniere om te ontspan. Oefening laat die liggaam endorfiene vervaardig wat ’n mens help om van spanning ontslae te raak en ’n goeie nagrus te geniet, sê Mol.

Deesdae is daar ’n verskeidenheid leefstylprogramme wat gesonder keuses beloon.

Multiply bied onder meer groot afslag op gimnasiumlidmaatskap en beloon mense wat bepaalde leefstyldoelwitte bereik.

“Ons ondersteun hul fiksheidsdoelwitte ongeag watter aktiwiteite hulle kies en bied beduidende belonings aan. Multiply-lede kry tot 50%-afslag op Mango-vlugte en tot 45%-afslag op verblyf by ’n Protea-hotel of City Lodge.

“Dan is daar afslag op Avis-huurmotors, fliekkaartjies vanaf so laag soos R32 van NuMetro, asook spa- en ervaringsgeskenkbewyse, wat aanlyn beskikbaar is by die Multiply-winkel,” sê Kleu.

Mol sê as mense tyd vir hulself maak en boonop kyk hoe hulle daarvoor beloon kan word deur beskikbare programme, sal hulle makliker die struikelblokke wat oor hul pad kom die hoof kan bied.

Meer oor:  Momentum  |  Michael Mol  |  Oefening  |  Medies  |  Gesondheid  |  Mediese Fonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.