SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Discovery: Foute in ontleding oor diskriminasie

Discovery Health ontken enige rassevooroordeel in sy ondersoekproses na bedrog by die mediese fondse wat hy administreer.

Kammie
Dr. Zaid Kimmie, ’n navorser wat mediese fondse se inligting oor ondersoeke na bedrog, vermorsing en misbruik ontleed het. Foto: Verskaf

Hy het gereageer op die getuienis Dinsdag voor ’n ondersoekpaneel deur die statistikus dr. Zaid Kimmie.

Kimmie het meer as sewe jaar se data ontleed van die administrateurs Discovery Health en Medscheme en van Gems, die mediese fonds van staatsamptenare.

Die Raad op Mediese Skemas (RMS) het die ondersoek kragtens art. 59 van die Wet op Mediese Skemas gelas ná klagtes van swart dokters en gesondheidsverskaffers dat hulle geteiken word in ondersoeke na bedrog. Die ondersoek duur voort.

Kimmie se ontleding het geen eksplisiete rassegrondslag vir die identifikasie van potensiële bedrog gevind nie, maar wel wesenlike rassevooroordeel in die uitslag van die ondersoeke. Hy sê dit is hoogs onwaarskynlik dat dié vlak van vooroordeel toevallig is.

Die administrateurs en mediese fondse sal nou kans kry om te reageer.

Discovery Health sê in reaksie hy is “absoluut seker” daar is geen rassevooroordeel in sy bedrogondersoekproses nie.

“Meer as 60% van ons huidige ondersoeke spruit uit eksterne wenke en die res word gegrond op objektiewe statistiese ontledings wat geen inligting bevat oor ras nie. Dié inligting word nie eens op ons databasis gestoor nie.

“Dit is deur onafhanklike eksterne hersiening bevestig.”

Foute in Kimmie se berekeninge

Afgesien van die inherente foute weens verskillende interpretasies van vanne, het die ontleding slegs praktyke met ooglopende Afrika- en Indiese vanne as swart gekategoriseer.
Broomberg

Volgens dr. Jonathan Broomberg, uitvoerende hoof van Discovery Health, toon 'n aanvanklike hersiening van die metodologie wat Kimmie gebruik het, duidelike foute in sy berekeninge.

“Die ontleding gebruik subjektiewe kriteria deur vanne as die basis van die ontleding te gebruik.”

Kimmie het verduidelik omdat daar nie in die data rasse-onderskeid is nie, het hulle vanne gebruik om ras te bepaal. Volgens hom het hulle konserwatief te werk gegaan.

“Afgesien van die inherente foute weens verskillende interpretasies van vanne, het die ontleding slegs praktyke met ooglopende Afrika- en Indiese vanne as swart gekategoriseer, wat beteken dat bruin praktisyns dalk as wit geklassifiseer is, en dit kan tot gevolg hê dat die wit praktisyns oorskat is,” sê Broomberg.

Volgens Discovery aanvaar die ontleding dat ondernemings wat gesondheidsorg verskaf, soos oogkundiges en aptekers, wit is. Dit is “beslis verkeerd”.

Volgens hom is 18% van die praktyke wat eise indien, ondernemings en baie van hulle het swart eienaars.

“Dié twee foute onderskat beslis hoeveel swart praktisyns eise by mediese fondse indien en oorskat die wit praktisyns. Dit verwring gevolglik die resultate en lei tot verkeerde gevolgtrekkings.”

Administrateurs kan dán reageer

Broomberg sê Discovery Health beskou die kwessie in ’n baie ernstige lig en sal die metodologie teen sy eie data toets.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi SC wat die ondersoek kragtens art.?59 van die Wet op Mediese Skemas lei in opdrag van die Raad op Mediese Skemas (RMS). Foto: Verskaf

Adv. Tembeka Ngcukaitobi SC, hoof van die ondersoekpaneel, het gesê die administrateurs sal vroeg volgende jaar geleentheid kry om te reageer.

Volgens Ngcukaitobi het Discovery Health op 12 November aan die ondersoekpaneel geskryf oor Kimmie se bevindings. Discovery Health wou die geleentheid kry om kommentaar te lewer op die verslag en die feite te bekyk voordat Kimmie gevolgtrekkings of voorlopige aanbevelinge maak.

“Ons het die versoek oorweeg en daarteen besluit. In die belang van billikheid en deursigtigheid sal dr. Kimmie toegelaat word om sy getuienis te gee op grond van die proses wat hy, die ondersoekpaneel en die relevante administrateurs en mediese fondse tot dusver gevolg het,” het Ngcukaitobi gesê.

“Selfs belangriker, die relevante administrateurs en fondse sal die geleentheid kry om kommentaar te lewer wanneer hulle hul aanbieding doen.”

Ons verwelkom hierdie belangrike bevinding aangesien dit ons posisie van die begin af bevestig dat Medscheme uitsluitlik op die praktyknommer fokus wanneer ons op wenke reageer.
Medscheme

Ngcukaitobi word bygestaan deur advokate Adila Hassim en Kerry Williams.

Meer inligting oor die ondersoek is op die webwerf cmsinvestigation.org.za, onder meer uitsendings van die getuienis voor die paneel.

Medscheme reageer

Adv. Tembeka Ngcukaitobi SC wat die ondersoek kragtens art.?59 van die Wet op Mediese Skemas lei in opdrag van die Raad op Mediese Skemas (RMS). Ngcukaitobi word bygestaan deur advokate Adila Hassim en Kerry Williams. Foto: Verskaf

Medscheme sê in ’n verklaring hy neem kennis van Kimmie se mondelinge getuienis, wat bevestig dat mediese fondse en administrateurs nie gesondheidsorgverskaffers uitdruklik op grond van ras eien nie.

“Ons verwelkom hierdie belangrike bevinding aangesien dit ons posisie van die begin af bevestig dat Medscheme uitsluitlik op die praktyknommer fokus wanneer ons op wenke reageer.”

Mecscheme neem ook kennis van die bevinding dat bedrog, vermorsing en misbruik meer onder sekere swart praktisyns opgespoor word in sekere mediese dissiplines. “Ons glo dit is regstreeks gekoppel aan die demografie van ons kliënte se lede, wat hoofsaaklik swart is.”

Die administrateur sê hy is nie die geleentheid gegee om die gegewens van Kimmie te hersien of te ontleed nie en sal dit doen sodra dit deur die paneel beskikbaar gestel word.

Kimmie het gesê die paneel se benadering is een van algehele deursigtigheid. “Ek sal die kode wat ek geskryf het (om die data te ontleed) en die data wat ek gebruik het aan die fondse beskikbaar stel sodat hulle elke aspek, elke komma en elke berekening kan verifieer en dan kan sê of hulle daarmee saamstem of nie.”

Gems reageer

Gems het ook in ’n reaksie gesê hy neem kennis van Kimmie se aanbieding en bevindinge. “Ons het nog nie die geleentheid gehad om die onderliggende inligting te oorweeg wat tot die gevolgtrekkings gelei het nie.”

Gems sal die inligting ondersoek sodra die ondersoekpaneel dit beskikbaar stel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.