Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Discovery se kanker-eise: Só lyk die syfers

Die getal lede van Discovery Health Medical Scheme (DHMS) wat vir kankerbehandeling eis, het met byna 8% tot 36 700 in die jaar tot einde September 2018 toegeneem.

Borskanker is die algemeenste soort kanker, en die skerpste styging was vir prostaatkanker. Foto: Getty Images

Die administrateur van mediese fondse Discovery Health sê in sy jongste Healthcare Claims Tracker DHMS het in die boekjaar altesame R58,4 miljard aan eise betaal.

Daarvan was 6% of R3,4 miljard vir die behandeling van kanker.

Nuwe tendense

Borskanker is die algemeenste kanker met 12 148 pasiënte wat daarvoor geëis het – ’n styging van 8,6% teenoor die vorige boekjaar.

Die grafika hierby wys die tien algemeenste kankers waarvoor DHMS se lede eis en die styging in die getal lede wat vir dié soorte kanker eis.

discovery

Die skerpste styging was vir prostaatkanker, wat met 9,6% tot 9 845 gestyg het.

Dit kos onderskeidelik R9 145 en R9 059 per pasiënt per maand om bors- en prostaatkanker te behandel.

Kanker van die sentrale senustelsel is tans die duurste soort kanker om te behandel onder die toptien- algemeenste soorte kanker. Die behandeling daarvan kos R42 279 per pasiënt per maand.

Netwerk24 het verlede jaar berig die getal DHMS-lede wat vir kanker behandel word, het in die sewe jaar tot 2017 met 99% gestyg. Oor dié tydperk het DHMS se getal lede veel stadiger, met 24%, gestyg.

discovery

DHMS het dit daaraan toegeskryf dat die voorkoms van kanker toeneem, asook dat mense juis by mediese fondse aansluit wanneer hulle siek word.

Grootste kanker-eise

Die tien grootste eise vir kanker per individu, was vir lede van so jonk soos agt jaar tot iemand van 73 jaar oud.

Onder die tien grootste eise was sewe vir leukemie. Dié lede was almal jonger as 51 jaar, met die agtjarige die jongste.

Die vyf grootste eise per persoon was:

  • R3,7 miljoen vir ’n 49-jarige met leukemie. Die pasiënt is op DHMS se Executive-plan.
  • R3,4 miljoen vir ’n 73-jarige met kanker van die sentrale senustelsel. Die pasiënt is op Classic Core.
  • R2,6 miljoen vir ’n 33-jarige met leukemie. Die pasiënt is op Keycare Plus.
  • R2,5 miljoen vir ’n 45-jarige met leukemie. Die pasiënt is op Classic Comprehensive.
  • R2,5 miljoen vir ’n 48-jarige met leukemie. Die pasiënt is op Classic Priority.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2521,3 (781)
  • Top 40 48435,04 (-40196)
  • All Share 54187,92 (-45010)
  • Resource 10 42508,28 (-27618)
  • Financial and Industrial 30 73364,47 (-64797)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.