Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Discovery: Só neem chroniese toestande toe

Raai wat is steeds die mees algemene chroniese toestand onder lede van die grootste mediese fonds in die land?

Hoë bloeddruk.

Die aantal Suid-Afrikaners op Discovery se mediesefondse wat ly aan die mees algemene chroniese toestande het beduidend toegeneem. Foto: iStock

Einde September verlede jaar was 376 341 lede van die Discovery Health Medical Scheme (DHMS) op chroniese medikasie daarvoor – 6,8% meer as teen die einde van die vorige boekjaar, volgens inligting deur die jongste Healthcare Claims Tracker wat deur die administrateur van mediese fondse Discovery Health uitgereik word.

discovery,chroniese toestande

Die koste per lid per maand op dié medikasie beloop R424.

Die chroniese toestand wat die skerpste onder lede gestyg het, is skildklierprobleme met ’n 12%-toename.

Die duurste behandeling is vir iskemiese hartsiektes met die gemiddelde koste van behandeling wat R665 per lid per maand beloop. Dit sluit eise vir behandeling in die hospitaal uit.

Sien op die meegaande grafiek wat die toptien- chroniese toestande onder DHMS-lede is, en hoe die getal lede wat daarvoor geregistreer het, die afgelope boekjaar gestyg het.

DHMS het in die jaar tot einde September 2018 R3,2 miljard aan eise vir chroniese toestande bestee.

Altesame 682 187 lede is vir ’n chroniese toestand geregistreer, meestal net vir een.

Sedert 2008 het die getal lede wat ’n chroniese toestand het meer as verdubbel, volgens die Healthcare Claims Tracker.

Gemiddeld word vir elke R100 wat vir die behandeling van ’n chroniese toestand uitbetaal word, R77,70 aan medisyne bestee.

Die tweede meeste is vir spesialiste wat gemiddeld R7,50 van elke R100 beloop.

discovery,chroniese toestande

Meer oor:  Discovery  |  Mediese Fondse  |  Mediese Behandeling  |  Hospitale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2579,48 (5818)
  • Top 40 48247,95 (-18709)
  • All Share 53995,82 (-19210)
  • Resource 10 42465,54 (-4274)
  • Financial and Industrial 30 73008,97 (-35550)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.