Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Discovery: Só styg premies in 2019

Discovery Health Medical Scheme (DHMS) is die eerste groot fonds uit die blokke met die aankondiging Donderdag van sy premieverhogings vir volgende jaar – en dit is hoër as wat dit vanjaar was.

Discovery Health Medical Scheme se gemiddelde stygings vir 2019 is 9,2%. Foto: iStock

DHMS se geweegde gemiddelde premieverhoging van 9,2% vir 2019 voorspel niks goed vir die premieverhogings van ander mediese fondse nie. Dit is die verhoging vir alle lede ongeag watter opsie en huidige bydrae. Die verhoging kan dus verskil afhangende van 'n persoon se bydrae tans en die opsie waarop hy is.

Fedhealth het Woensdag 'n verhoging van 8,5% aangekondig. 

Die mediese skemas gaan almal na verwagting in die komende weke hul premieverhogings bekend maak. Vrydag is Momentum Health aan die beurt.

Volgens DHMS se administrateur, Discovery Health, is die verhoging in die pas met die verwagte mediese inflasie.

Dit is egter heelwat meer as die gemiddelde verhoging vir vanjaar van 7,9%.

Lees ook: Discovery: Matige pyn vir 2018-premies

Volgende jaar se verhoging maak voorsiening vir die impak van die verhoging van BTW vanjaar. Mediese fondse kon nog nie dié verhoging aan lede deurgee nie, en na verwagting gaan almal dit in berekening bring in hul premieverhogings vir 2019.

Die premieverhoging is Donderdagoggend in Johannesburg eers aan finansiële adviseurs en makelaars bekend gemaak.

Dr. Jonathan Broomberg, uitvoerende hoof van die administrateur, sê hulle raam die totale mediese inflasie vir 2018 is tussen 11,2% en 12,2%.

Volgens hom slaag die administrateur daarin om mediese inflasie met sowat 2 persentasiepunte te verlaag deur risikobestuur. Hy het nie verduidelik wat presies dit behels nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1121,56 (1291)
  • Top 40 45851,17 (-7786)
  • All Share 52096,04 (-5000)
  • Resource 10 39712,73 (24243)
  • Financial and Industrial 30 68788,28 (-23394)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.