Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Discovery: Só styg premies in 2020

Lede van Discovery Health Medical Scheme (DHMS) gaan in 2020 beduidend meer vir hul mediese dekking betaal.

DHMS se geweegde gemiddelde premieverhoging van 9,5% vir 2020 voorspel niks goed vir die premieverhogings van ánder mediese fondse nie.

DHMS het Maandagoggend die prysstyging bekend gemaak.

Dit is meer as die 9,2% waarmee premies gemiddeld in 2019 gestyg het.

Dié 9,2% is egter net die gemiddelde prysstyging. Afhangende van die plan waarop lede ingeteken is, gaan hulle tussen 8,9% en 10,9% meer vir hul medies betaal.

LEES OOK: NGV kan nuwe geleenthede skep, meen Discovery

“Die gemiddelde styging vir 2020 stel die skema in staat om sy voordele te handhaaf en te verbeter. Die styging in die vraag na bestaande voordele, asook stygende koste, is in ag geneem,” sê dr. Nozipho Sangweni, hoofbeampte van DHMS.

Volgens DHMS se administrateur, Discovery Health, is die verhoging laer as die verwagte mediese inflasie. Discovery Health sê sy berekeninge dui op mediese inflasie van tussen 10,5% en 12,5% in 2019.

Discovery Health sê buiten vir die aangepaste pryse vir sy premies het hy ook beduiende veranderinge aan van sy planne gemaak.

Sy nuwe Discovery Primary Care-plan sal byvoorbeeld mense toelaat om ’n basiese plan vir hul huiswerker te registreer.

Intussen het Discovery ook aangekondig sy Vitality-diens word aanstaande jaar 8% duurder. 

LEES OOK: Só raak veranderinge by Discovery se Vitality jou

Meer oor:  Discovery  |  Mediese Fondse  |  Mediese Sorg  |  Premies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.