Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Discovery verbied om dié premies 47% te verhoog

Goeie nuus vir duisende afgetredenes is dat Discovery Health Medical Scheme verbied is om sy Keycare-opsies so te verander dat dit ’n premieverhoging van 47% volgende jaar vir hulle meebring.

Netwerk24 het onlangs berig oor die skokverhoging wat duisende lede, veral afgetrede mense, gaan tref wat op die Keycare Plus-opsie is. Lees hier: Oues se skokverhoging op Discovery-opsie.  

Die veranderinge aan opsies wat skemas beoog, moet egter eers deur die Raad op Mediese Skemas (RMS) goedgekeur word.

’n Kennisgewing is aan siekefondsmakelaars uitgestuur dat die RMS ’n stokkie gesteek het voor die veranderinge wat Discovery beoog het.

The logo of Discovery
Lede wat aan die KeyCare Plus-opsie van Discovery Health Mediese Skema behoort is verheug oor die nuus dat hul premies nie 47% gaan verhoog nie.

Discovery is vir kommentaar gevra, maar sal eers later vandag reageer. Dit is nie seker wanneer die mediese fonds dit aan sy lede gaan kommunikeer nie.

Die mediese fonds het drie KeyCare-opsies en lede betaal premies op grond van hul maandelikse inkomste. Vir elke opsie is daar drie inkomstevlakke.

Die groot verhoging in premies vir lede sou teweeggebring word deur die middelste en onderste inkomste-kerwe van die KeyCare Plus- en die KeyCare Core-opsie saam te smelt.

Voorheen is berig dit sou vir 139 000 lede op die laagste inkomstevlak van die KeyCare Plus-opsie so ’n skerp verhoging meebring. Van hulle is 19 000 ouer as 65.

Dit blyk nou ook KeyCare Core se twee laagste inkomstevlakke sou saamsmelt.

Volgens Discovery het die RMS spesifiek die samesmelting van die twee inkomstevlakke verbied.

Die idee was dat die bekendstelling van KeyCare Start diegene wat nie die verhoging kan bekostig nie, sou akkommodeer. Maar dit was nog nie nasionaal beskikbaar nie.

Daarom word die inkomste-gleuwe nou vir KeyCare Plus, sowel as KeyCare Core, gehou soos dit is. Dit beteken lede wat minder as R8 550 per maand verdien, gaan nie meer die groot verhoging in premies sien nie.

Die lede wat voorheen ’n verhoging van 47% sou moes trotseer, gaan nou ’n verhoging van 9,9% vir 2019 moet verduur.

Die premies vir die mense wat in die middelste inkomstegroep is, sal egter nou ook 9,9% hoër wees en nie 5% soos aanvanklik aangekondig is nie.

Die drie inkomstevlakke van die drie opsies word as volg verdeel:

  • R12 201 of meer per maand.
  • Tussen R8 551 en R12 200 per maand.
  • Minder as R8 550.
Meer oor:  Dhms  |  Discovery Health  |  Keycare  |  Premies  |  Mediese Fondse  |  Makelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1249,2 (4808)
  • Top 40 44417,7 (-58760)
  • All Share 50434,39 (-60330)
  • Resource 10 38052,94 (5138)
  • Financial and Industrial 30 66778,91 (-120715)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.