Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Drukgroep maak stem dik oor nóg hoër medisynepryse
Die prys van medisyne word streng gereguleer, met ’n enkeluitgangprys wat jaarliks vasgestel word.

Die drukgroep Health Funders Association (HFA) maak sterk kapsie teen ’n tussentydse verhoging in medisynepryse.

Die HFA het gesê dit het in mediaberigte aan die lig gekom dat farmaseutiese groepe druk op die regering uitoefen om nog ’n verhoging vanjaar in die enkeluitgangprys vir medisyne te kry.

Die prys van medisyne word streng gereguleer, met ’n enkeluitgangprys wat jaarliks vasgestel word.

Dit is vanjaar met 1,26% verhoog. Die farmaseutiese bedryf wil nog ’n verhoging hê om te vergoed vir die styging in inflasie en die verhoging in BTW.

Volgens die HFA toon inligting oor eise van sy lede dat sou ’n tussentydse verhoging toegelaat word tot die vlak van verbruikersprysinflasie soos die farmaseutiese bedryf vra, dit ’n bykomende koste van sowat R260 miljoen vir mediese fondse in die laaste vier maande van 2018 sal meebring.

Die geannualiseerde impak van die verhoging gaan meer as R1 miljard in 2019 wees, selfs voor volgende jaar se enkeluitgangprysverhoging in berekening gebring word.

“Ons oorwoë mening is dat mediese fondse en die Suid-Afrikaanse verbruiker dit eenvoudig nie kan bekostig om nog ’n bykomende verhoging in medisynepryse in dié jaar te dra nie,” het Lerato Mosiah, uitvoerende hoof van die HFA, gesê .

Die HFA is einde 2017 gestig as ’n organisasie sonder winsbejag wat belangegroepe aan die finansieringskant van gesondheidsorg verteenwoordig. Sy eerste jaarvergadering is einde Mei gehou. Al die groot mediese fondse, waaronder Discovery Health Medical Schem, asook van die groot administrateurs, waaronder Discovery Health, is lede. Die HFA sê sy lede verteenwoordig sowat 53% van al die hooflede van mediese fondse.

Die HFA beweer dat die inflasiekoers van medisyne reeds hoër is as die onderhandelde enkeluitgangsprysverhoging “Die publiek mag dit dalk nie verstaan of selfs daarvan bewus wees nie.”

Volgens haar het mediese fondse wesenlike koste-inflasie in die eerste helfte van 2018 ervaar. Dit gaan na verwagting vir die res van 2018 en in 2019 voortduur.

Ons beroep op die nasionale departement van gesondheid is dat die verhoging gehou word soos dit is in belang van verbruikers.
Lerato Mosiah

Die algehele koste-inflasie van medisyne vir fondse word nie net veroorsaak deur die verhoging in die enkeluitgangsprys nie, maar ook deur volumes (meer medisyne wat gekoop word) wat toeneem.

Volgens haar toon HFA se inligting dat die koste van chroniese medisyne met 6% en kankermedisyne met tot 8% vir sommige fondse gestyg het, ten spyte van die verhoging van net 1,26%.

Die verhoging is vererger deur die styging in die BTW-koers van 14% tot 15% wat nie in mediese fondse se begrotings vir vanjaar in berekening gebring is nie.

Volgens die HFA het die BTW-verhoging ’n bykomende R875 miljoen-uitgawe meegebring vir die bedryf waarvoor nie begroot is nie.

“Nieteenstaande het die meeste mediese fondse verkies om die koste te absorbeer, eerder as om ’n tussentydse verhoging aan lede deur te gee wat reeds onder wesenlike finansiële druk is,” sê sy.

Die HFA het ook kritiek uitgespreek oor die huidige praktyk waar die mediese fondse, soos verteenwoordig deur die organisasie en die Board of Healthcare Funders (BHF), nie in die proses mag deelneem om insae te lewer oor die verhoging in die enkeluitgangprys nie.

“Ons beroep op die nasionale departement van gesondheid is dat die verhoging gehou word soos dit is in belang van verbruikers.”

Die HFA en BHF sou die afgelope week met die nasionale departement van gesondheid se pryskomitee vergader het om die verhoging te bespreek.

  • Netwerk24 het vandeesweek berig Adcock Ingram onderhandel met die departement vir ’n prysverhoging. Lees hier meer.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1048,32 (-878)
  • Top 40 50397,19 (12519)
  • All Share 56546,8 (10123)
  • Resource 10 43602,83 (-2210)
  • Financial and Industrial 30 75238,63 (30649)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.